KYK: Demi Lee Moore vier 35ste verjaarsdag in styl
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse sangeres het onlangs pragtige foto's van haar 35ste verjaarsdagpartytjie op sosiale media gedeel.

Een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers, Demi Lee Moore, het onlangs haar 35ste verjaarsdag gevier.
Die 'Hart Breek'-sangeres het op 7 Desember haar verjaarsdag saam met "hartsmense" by Chocolat et Café in Pretoria deurgebring.
KYK: Jan Bloukaas deel kankerstryd in dokumentêre reeks
Demi het pragtige foto's van die partytjie op sosiale media gedeel, waar ander bekendes soos aktrise Christel van den Bergh en sanger Ricus Nel ook te sien was.
"Dankie aan my hartsmense wat my hele verjaarsdag so spesiaal gemaak het," het die sangeres op sosiale media geskryf.
Kyk hier:
"Ek kan self nie glo ek is 35 nie; ek voel nog asof ek vroeg in my 20’s is, maar die wysheid en lesse wat ek met ouderdom en tyd geleer het, is so kosbaar."
KYK: "Klein Dirk van der Westhuizen" laat SA gons
"Dankie aan elkeen wat my dag opgehelder het en die tyd geneem het om my geluk te wens.
"Ek is deur my vriende omtrent bederf – dankie vir die mooiste geskenke ooit!
"Ek voel so geliefd en geseënd."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Demi Lee Moore
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Japanese barber, aged 108, crowned the oldest in the world
A 108-year-old Japanese woman has been certified the world's oldest barb...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Wendy Williams rushed to hospital after disturbing letter
The former talk show host and media mogul, Wendy Williams, was rushed to...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago