KYK: 'Diepe Waters'-karakter groet in tragediese einde

KYK: 'Diepe Waters'-karakter groet in tragediese einde

'n 'Diepe Waters'-karakter, wat van die begin af te sien was in die kykNET-telenovelle, het in 'n dramastiese wyse gegroet. 

DIEPE_WATERS_KARAKTER_STERF
Verskaf/ kykNET

Neels van Jaarsveld het 'n paar gebreekte harte agtergelaat, nadat sy 'Diepe Waters'-karakter, Wim in 'n dramatiese einde oorlede is.

Toe Rose (Eloise Cupido) Kaap toe is vir werk, het haar man Wim (Neels van Jaarsveld) in Johannesburg gebly om die huis op te pak en te verkoop.

WIM_NEELS_VAN_JAARSVELD_DIEPE_WATERS
Verskaf/ kykNET

Hy het egter gesukkel om 'n koper te vind, en hy en Rose het uitmekaargedryf.

KYK: Jan Bloukaas wil nog een album maak

Terselfdertyd het Ben (Eric Bouwer) vir Sanet (Nadia Valvekens) laat weet dat hy gevra het om na 'n gemeente in Klerksdorp verplaas te word om nader aan sy dogter, Mari (Diandra Slabbert), te wees.

Sanet wou nie saam Klerksdorp toe trek nie en het begin twyfel oor haar besluit om met Ben te trou.

Intussen het Sanet en Wim saam AA-vergaderings begin bywoon, en die een ding het tot die ander gelei.

Sanet het haar verlowing verbreek, en Wim het besluit om Kaap toe te gaan en Rose vir 'n egskeiding te vra, maar toe verongeluk hy op pad na die lughawe.

Van Jaarsveld het meer gedeel oor dramatiese storielyn en sy toekomsplanne.

Wim se laaste storielyn in 'Diepe Waters' het 'n hele paar kinkels gehad. Hoe het jy die tonele benader?

"Ek geniet 'n karakterkinkel. Dit maak dit uitdagend vir die speler en hou dit stimulerend vir die kyker. Dit was belangrik om die tonele so opreg, eerlik en weerloos as moontlik te benader."

KYK: Elandré sing sy weergawe van die bekende 'Achy Breaky Heart'

Wat het jy die meeste van jou tyd in 'Diepe Waters' geniet?

"Die jonger akteurs se energie en die ouer akteurs se stamina. Die mense agter die skerms werk ongelooflik hard, en dis belangrik om ook vir hulle krediet te gee."

Wat is jou toekomsplanne?

"My produksiemaatskappy, Met Eish (www.meteish.com), woeker voort, en daar is ’n paar interessante projekte wat voorlê."

Wat sal jy graag nog in die volgende paar jaar wil bereik?

"Ek sal graag 'n bundel van my skryfwerk wil uitgee en ’n opwindende filmprojek wil finaliseer waaraan ek tans as vervaardiger, skrywer en protagonis werk."

Is dit vir eers vaarwel aan Johannesburg?

"Eers vaarwel aan Johannesburg, ja. Twee jaar is nogal 'n lang tyd om weg van die huis te wees. Maar as daar 'n interessante projek opduik, sal ek weer my tassies pak. Hoe sê hulle: aanhou beweeg en geraas maak."

Neels se finale episode is op 24 September uitgesaai. 'Diepe Waters' is van Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf/ kykNET

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories