KYK: Early B verras sy pa met 'n nuwe kar
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die spesiale geskenk wat Oom Boet se droom laat waar word het, het die internet se harte laat smelt!

Suid-Afrikaanse rapper Earl Swartz, beter bekend as Early B, en sy suster Rochelle Swartz het harte laat smelt toe hulle hul pa met 'n nuwe kar verras het.
Die mooi oomblik is op video vasgevang en op sosiale media geplaas.
In die video, stap Oom Boet, Earl en Shella se pa, in 'n motorhuis in waar sy splinternuwe ryding staan, maar hy kom eers glad nie agter dat dit sy kar is nie.
KYK: 'Real Housewives' se Anita nou 20 kg ligter
Eers toe Shella vir haar pa sê: "Sien, Daddy, Daddy se kar is hier," besef hy dat die nuwe Mercedes wat in die motorhuis staan, syne is.
Oom Boet was so in skok dat hy selfs sy kep op die kar gegooi het.
Dié spesiale oomblik het geluk regoor Suid-Afrika versprei en het reeds meer as 400 000 kyke op Facebook gekry.
Kyk hier:
Breakfast with Martin Bester het Woensdag, 19 Februarie, met Early B oor die spesiale oomblik gesels.
Volgens Early B het sy pa al van kleintyd af na die kar gekyk, en nou het hy dit uiteindelik nadat hulle dit vir hom gekoop het.
Die 'Potte'-rapper het vertel dat een van die beste gevoelens is om 'n mens se ouers so gelukkig te sien.
"Die video is nie geplaas om te spog nie, maar eerder om te inspireer," het Swartz gesé.
KYK: Michelle Botes te sien in laaste reeks op Netflix
Volgens die plasing op Facebook het Oom Boet amper glad nie geslaap daardie dag nie.
Hy het geëet, toe net gaan sit en na die motor gekyk, daarna dit skoongemaak en weer net daar gesit en staar.
Breakfast with Martin Bester wens vir Oom Boet en Tannie Linda baie gelukkige myle toe.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
KYK: Die moeilikste Afrikaanse woorde om uit te spreek
As jou moedertaal nie Afrikaans is nie, kan dit moeilik wees om seker wo...
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago -
VIDEO: Man escapes from Jeppe Magistrates Court top floor
The incident was captured on video in Johannesburg as it took place!
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago