KYK: Geveg buite bekende Boksburg-nagklub skok SA
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'n Video van 'n geveg wat uitgebreek het by 'n bekende Boksburg-nagklub, is onlangs op sosiale media gedeel.

WAARSKUWING: Die video en artikel bevat sterk taal.
Sosiale media is oorlaai met video's van gevegte wat uitbreek by kuierplekke, maar min is só wild soos 'n onlangse video wat op die sosiale media platform X gedeel is.
Dié video, wat op @mal1jhb gedeel is, wys 'n groepsgeveg wat na bewering buite die bekende Boksburg-kuierplek, Presleys, uitgebreek het.
Talle mense – mans en vroue, sommiges selfs sonder hemde – kan gesien word waar hulle vuiste gooi en selfs mekaar skop.
Dit was bevestig dat die betrokke partye van die perseel verwyder was.
KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Lulani raak verloof
Alhoewel dié bakleiery 'n ernstige saak is, kan 'n mens amper nie help om te lag vir die persoon wat die video neem se kommentaar nie.
Die man het die hele geveg afgeneem terwyl hy ook op snaakse maniere presies vertel wat gebeur.
Op een oomblik merk die man op hoe een persoon "van die kant af gek*k" het.
Hy wys dan ook hoe 'n vrou, wie hy Rentia noem, 'n man begin slaan het terwyl die geveg aan die gang was.
"Kyk vir Rentia, hoe bliksem sy daai laaitie," sê hy.
LUISTER: Bobby sing oor die pyn van sy egskeiding
Moontlik die skokkendste deel van die video is waar ‘n vrou, aan die einde van die geveg, deur twee mans weggedra moet word met 'n duidelik oopgebarste oog.
"Hierdie girl is in haar bliksem in geslaan," sê die man in die video.
Kyk hier:
Presleys, Boksburg. pic.twitter.com/s0xoCc5dCG
— Malletjie (@mal1jhb) January 6, 2025
Die video, wat soos 'n veldbrand op sosiale media versprei het, is op 6 Januarie 2025 gedeel, maar presies wanneer die geveg plaasgevind het is nog nie bekend nie.
Sosiale mediagebruikers het baie vinnig hulle kommentaar gelos:
- "Next thing they'll be burning down the stage when organisers bring the wrong Kurt Darren."
- "Die kak in die Boksburg-water is lekkkkker."
- "Niks messe of bottels nie, pure vuis slaan en later 'n bier saam geniet, maar die plek se naam sê dan BOKS-BERG!!"
- "SIES, damduikers het weereens te diep in die bottel gekyk en dink, 'nou is ons sterk'... Ek haat sulke uitbeeldings van sekere groepe mense. Ons is nie so nie!!!"
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: X/ Screenshot
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Chewing gum releases microplastics into mouth: researchers
Chewing gum releases hundreds of tiny plastic pieces straight into peopl...
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago -
WATCH: White men dance next to taxi playing Amapiano
South Africans have been delighted to see this group of men showing off ...
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago