Kyk Jan Bloukaas se laaste album-vrystelling hier!

Kyk Jan Bloukaas se laaste album-vrystelling hier!

Die Suid-Afrikaanse musikant Jan Bloukaas stel Vrydag sy laaste album vry. Hier is waar jy die première kan kyk.

JAN_BLOUKAAS_NUWE_ALBUM
Facebook/ Screenshot

Suid-Afrikaners staan al sedert 2022 bankvas agter Jean du Plessis, beter bekend as Jan Bloukaas, nadat hy in 'n Instagram-video aangekondig het dat hy met breinkanker gediagnoseer is.

Du Plessis het sy stryd met kanker op sosiale media gedokumenteer en gereeld verwikkelinge in sy reis met aanhangers gedeel.

Tot op hede was sy reis onstuimig, met oomblikke van goeie nuus, maar ook tye van groot terugslage.

LEES: SA sangeres se ma sterf

In Junie het die sanger aangekondig dat, selfs ná gereelde chemoterapie-behandelings, die kanker in sy breinstam steeds groei.

"Ek het vir die dokter reguit gevra: 'Hoor hier, man, hoeveel tyd is daar nog oor?'" het Du Plessis gesê.

"Die dokter het gesê dat, omdat my kanker op so 'n verskriklike moeilike plek sit – dit is mos in die middel van my breinstam – dit regtig moeilik is om te sê wat gaan gebeur."

Ten spyte daarvan dat sy gesondheid sedertdien baie versleg het, het die 'Sweef'-sanger besluit om nog een laaste album te maak.

Daar is vroeër vanjaar 'n BackaBuddy-veldtog geloods om hierdie droom 'n werklikheid te maak. Danksy hierdie veldtog kon Du Plessis uiteindelik sy laaste album opneem.

LEES: Bobby van Jaarsveld en sy vrou skei

Die album-première is Woensdag 27 November om 19:30 op Jan Bloukaas se YouTube-kanaal.

Kyk dit hier:

Die volle album word amptelik op Vrydag 29 November op alle platforms vrygestel.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories