KYK: Jan Bloukaas wil nog een album maak

KYK: Jan Bloukaas wil nog een album maak

'n BackaBuddy-veldtog om die sanger se droom 'n realiteit te maak is onlangs gestig. Sò kan jy help.

JAN_BLOUKAAS_NUWE_ALBUM
Facebook/ Screenshot

Jean du Plessis, meer bekend as Jan Bloukaas het in September 2022 op 'n Instagram-video aangekondig dat hy met breinkanker gediagnoseer is. 

Vir die afgelope twee jaar het Du Plessis sy aanhangers saam hom op sy reis geneem om teen kanker te baklei deur gereelde video's op sosiale media te deel.

Hy het onlangs in 'n nuwe video op Facebook 'n boodskap van hoop met sy aanhangers gedeel.

KYK: Elandré sing sy weergawe van die bekende 'Achy Breaky Heart'

Du Plessis het begin deur sy aanhangers te bedank vir hulle ondersteuning en bystand tydens sy tweejaar-lange kankerstryd.

"Of ek gaan beter raak en gesond raak, of ek gaan dood gaan en hemel toe gaan, waar ek altyd moes wees," het hy in die video gesê.

"Daar is nie 'n verloor met Jesus Christus nie," het hy bygevoeg.

Alhoewel die video oor positiwiteit en hoop gegaan het, het die 'Sweef'-sanger ook oop gemaak oor die kanker se impak op sy liggaam.

"Ek kan nie eintlik meer lees nie, my IK het so bietjie gehalfeer," het hy gesê.

"Ek's nogsteeds baie slim, moenie my verkeerd verstaan nie. Moenie teen my skaak kom speel nie," het hy gegrap.

Du Plessis het ook bygevoeg dat een van sy hande nie meer 'so lekker werk nie'.

Kyk hier:

Nou wil die 'Kaas Elke Dag'-sanger vir een laaste keer sy aanhangers vermaak met 'n "massiewe album."

Jan, het 'n nuwe video gedeel waarin hy Suid-Afrikaners vra vir hulle hulp om díe nuwe album 'n realiteit the maak.

KYK: Martin Bester stel splinternuwe Afrikaanse enkelsnit vry

"Suid-Afrika, dis Jan Bloukaas hier en ek wil eerstens sê dankie dat julle my al vir twee jaar dra deur boodskappe en gebede."

"Ek kort julle hulp. Ek wil vir julle nog een massiewe album maak, vir nou."

"Al die oortollige geld words ge-sponsor aan CANSA SA."

"Kom ons doen hierdie, kom ek laat julle dans nog een keer."

Kyk die video hier

Om Jean se droom 'n realitiet te maak - ondersteun sy BackaBuddy-veldtog hier.

"Die laaste paar maande het Jan ongelukkig meestal bed-lêend geraak, maar hy het ‘n droom om ’n laaste album met collaborations vir sy aanhangers uit te bring en om dit te kan dokumenteer. Ongelukkig is daar sekere kostes verbonde," skryf sanger en Jean se vriendin Janie Bay op die BackaBuddy-veldtog.

"Ons probeer ons bes om die kostes so laag moontlik te hou. Die gelde wat oorbly na kostes ge-cover is wil hy en sy familie graag skenk aan CANSA."

"As jy graag wil bydra tot hierdie projek sal ons dit inniglik waardeer."

"Ons waardeer al julle ondersteuning oor die afgelope jare ongelooflik baie."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Jan Bloukaas

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories