KYK: Kan jy vriende bly met jou ekse?

KYK: Kan jy vriende bly met jou ekse?

Showmax het pas die eerste lokprent vir 'Eksie Perfeksie' vrygestel, wat op Vrydag, 9 Augustus 2024 op dié platform begin stroom. 

Eksie_Perfeksie_2024
Verskaf/ Shomax/ Bobby van Jaarsveld, Sean van Noordwyk, Johan Joubert, Rowlen von Gericke

Die kern van Showmax se sexy nuwe romantiese komedie, 'Eksie Perfeksie' is: Kan jy vriende bly met jou ekse?

Dié verdelende vraag is relevant tot meeste mense se lewens en 'n belangrike vraag om jouself te vra wanneer jy 'n nuwe verhouding intree.

'Eksie Perfeksie' delf ‘n bietjie dieper in die impak wat ekse op verhoudings kan hê - natuurlik deur die lens van komedie. 

KYK: Bekende akteurspaar deel opwindende nuus

Met 'n ouderdomsperk van 16SL kan jy heelwat verwag wat jy nie normaalweg in Afrikaanse rolprente sien nie, insluitende halfkaal mans, badkamers, toilethumor, vloekery en selfs vrouens wat in die bad poep.

Kyk die lokprent hier:

'Eksie Perfeksie' is vervaardig deur Swartberg Storiehandelaars en Black Gosling, en die klankbaan is deur hoofrolspeler Emma van Heyn, met treffers soos Van Pletzen se 'Dis kak, maarit naai' wat in die fliek gehoor kan word.

Alhoewel hy haar skaars ken, maak André die impulsiewe besluit om by sy nuwe meisie in te trek, net om dan uit te vind dat Dalene steeds bevriend is met al haar eks-kêrels. Geïntimideer deur hul teenwoordigheid, probeer André eers om met hulle bevriend te raak, maar dan ontdek hy dat al Dalene se verhoudings presies dieselfde patroon volg. 

EKSIE PERFEKSIE POSTER
Verskaf/ Shomax

Pietie Beyers ('Binnelanders', 'Die Onderonsie') en Emma van Heyn (2024 Silwerskerm-rolprent 'Gebokste Liefde', 'Matilda en Matthys', 'Twintig Tone in 'n Hangkas') vertolk die hoofrolle, en sanger Bobby van Jaarsveld ('Liefling', 'Spoorloos') en voormalige Meneer Wêreld Suid-Afrika Sean van Noordwyk ('Getroud Met Rugby', 'Die Onderonsie') is net twee van Dalene se vele ekse. 

Maude Sandham ('Binnelanders') and SAFTA- en Silwerskerm-wenner Cindy Swanepoel ('Koek') speel André se suster en haar minnaar, terwyl Yvonne van den Bergh ('7de Laan', 'Orion') as hulle dominatrix te sien is – haar eerste verskyning op die skerm in byna 'n dekade. 

LEES: Dis hoe jy deel kan wees van 'Die Brug'

'Die Groot Ontbyt' se Pierre Breytenbach is die verteller, en dié sexy romantiese komedie is geskryf en geregisseer deur Corné Koegelenberg ('Valentynsokkie'), gebaseer op 'n storie deur sy lewensmaat, SAFTA-benoemde Bibi Slippers ('Hotel', 'Matilda en Matthys'). 

"Kan jy vriende bly met jou ekse? Ja of nee?" Dié verdelende vraag is die kern van 'Eksie Perfeksie' – en dit het vir Corné nogal persoonlik geraak tydens verfilming.  

"Ek sê nie Showmax het my gedwing om Pietie in die rolverdeling te plaas nie, maar hy is Bibi se eks, so ek wou regtig nie hê sy moet ’n hele draaiboek skryf oor ‘n vrou wat verlief raak op hom nie," skerts Corné. 

"En dan, nog meer irriterend, hy is so goed hierin. Ons het eintlik swemmaats en vriende geword wat sonder Bibi op middagete-afsprake gaan, so ek hou daarvan om te dink ek het dinge uiteindelik beter hanteer as wat André doen, maar ek was moontlik aanvanklik nie veel beter nie."  

Miskien omdat hy nie wou hê dat Pietie nog aantrekliker moet voorkom as wat hy reeds is nie, bied 'Eksie Perfeksie' nie 'n tipiese Hollywood-uitkyk op romanse nie, of ten minste meer van 'n Judd Apatow-aanslag, met 'n herkenbare, gebrekkige hoofkarakter wat soos normale mense lyk. 

"Dinge loop nie altyd reg nie," sê Corné. "Soms is mense skaam. Soms vra hulle die verkeerde vrae. Soms doen hulle die verkeerde dinge. Ons wou veelvlakkige karakters skep met werklike, alledaagse probleme waarmee ons kykers kan vereenselwig."

LEES: The 2024 Emmy nominees in key categories

Uiteindelik wou hy ook net mense laat lag. "Ons wou regtig 'n belaglike komedie maak," sê Corné. 

"Ek het die komedies van my kinderdae in gedagte gehou, wat ek seker nie veronderstel was om te kyk nie. Dinge soos 'There's Something About Mary' en 'American Pie' uit die laat 90's, waar daar baie onder-die-belt-grappies was. 

"Ek onthou dat ek van daardie films saam met my ma gekyk het, en dit was vreemd. In Afrikaans maak ons​​ gewoonlik nie sulke flieks nie, en as ons dit doen, gaan ons te vêr. Ons wou dus probeer om 'n balans te skep tussen 'n goeie ou lekker liefdesverhaal en 'n lawwe komedie wat jou sal laat cringe."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf/ Showmax

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories