KYK: Kapenaar speel klavier terwyl huis verspoel
Updated | By Etienne Bruwer
Dís die tipe mens wat mens in krisisituasie benodig!

Na swaar reën vloede in die Wes-Kaap veroorsaak het, is talle paaie, huise en ander geboue verwoes.
Een vrou, Kirsten Bakkes van Eersterivier in die Wes-Kaap, het haar storie gedeel van hoe die vloede haar en haar familie geraak het.
Bakkes het op 'n Facebook-plasing uitgereik na haar gemeenskap om haar storie te deel.
KYK: Bakkie vernietig na man in seekoei vasry
Na hulle huis verwoes is, as gevolg van die vloede en swaar reën, het haar man besluit om eerder kalm te bly.
"My man, ons rots, het kalm en ondersteunend gebly terywyl ek soos 'n afkophoender rond gehardloop het," het sy geskryf.
Terwyl die water hulle huis ingestroom het, het Bakkes se man, wie se naam nie genoem is nie, besluit om klavier te begin speel.
"My man het by die klavier gesit en Counting Crows se 'Colorblind' gespeel - 'n gunsteling van ons."
Sy het verder geskryf dat sy eintlik die plasing gemaak het omdat sy van Vadersdag vergeet het tydens die groot remoer.
As 'n probeerslag om op te maak het sy mense gevra om haar man se video te gaan like en deel.
KYK: Vrou jaag dief in Pretoria-koffiewinkel
Alhoewel baie mense na die video op Instagram gekry het, sal sy graag wil hê dat die musiekgroep, Counting Crows, self die video gaan like.
Sy het haar gemeenskap gevra om die video te deel in die hoop dat Amerikaanse-rockband dit sal raak sien.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
TikToker asks guests not to bring pickled fish into his home
He says if anyone dares to bring pickled fish to his home for Easter, th...
The Workzone with Alex Jay 16 hours ago -
Girl asks mother who is going to inherit their house
Kids... No matter how young they are, they still manage to suprise us.
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 16 hours ago