Dirk van der Westhuizen deel mooi boodskap met "klein Dirk"
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Jong Maison Strydom het Dirk van der Westhuizen se 'Komeet' op Breakfast with Martin Bester opgetree.
'n Graad 1-leerder van Laerskool Bakenkop in Centurion het onlangs harte gesteel met sy oulike optrede van Dirk van der Westhuizen se liedjie, 'Komeet'.
KYK: "Klein Dirk van der Westhuizen" laat SA gons
Laerskool Bakenkop het 'n video van Maison Strydom se optrede op die skool se Facebook-blad gedeel.
Strydom se optrede van sy "grootste bewonderaar" se liedjie het sosiale media laat gons en talle laat glimlag. Hy het selfs dieselfde "moves" as Dirk uitgehaal die liedjie met passie aangepak.
Nadat Martin Bester die oulike video gesien het, het hy dadelik vir Maison genooi om op Breakfast with Martin Bester op te tree.
KYK: 'Hartklop'-aktrise wéér swanger
Maison het Donderdag, 28 November, vir 'n twede keer Van der Westhuizen se ‘Komeet’ by Jacaranda FM kom opgetree.
Die 'Gooi Jou Suiker Op My'-sanger het selfs vir Maison 'n video gestuur waarin hy 'n spesiale boodskap met hom gedeel het.
@jacabreakfast @Dirk vd Westhuizen het ń spesiale boodskap vir sy grootste aanhanger, Maison 🥹 #BreakfastWithMartinBester #FYP #ForYouPage #Komeet #Musiek ♬ Komeet - Dirk van der Westhuizen
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Romantic drama triggers government crackdown on Iranian film
A romantic drama about an elderly couple who share a night together to e...
The Drive with Rob & Roz 10 minutes ago -
Company gives employees 15 minutes to grab unlimited bonuses
"Ready, set, count your way to your bonuses..." Employees were given the...
The Workzone with Alex Jay 4 hours ago