KYK: Klein lyfie op pad vir Bernice West

KYK: Klein lyfie op pad vir Bernice West

Die sanger het onlangs groot nuus op sosiale media gedeel…

BERNICE WEST SWANGER
Instagram/ Bernice West

Suid-Afrikaanse sanger, Bernice West en haar man Jannes Erasmus, het Sondag groot nuus op sosiale media gedeel.

Die paartjie het in 'n video-plasing op Instagram en Facebook aangekondig dat hulle swanger is.

"Januarie 2025 – Daar is 'n klein lyfie op pad," het West op Instagram geskryf saam die video.

Kyk hier:

Die video het aanvanklik begin met die 'Lyfie'-sanger wat aanhangers terg met 'n nuwe liedjie wat hulle geskryf het.

KYK: Kan jy vriende bly met jou ekse?

"Ons het saam 'n liedjie geskryf wat ons graag vir julle wil sing," het West gesê.

Haar man, Jannes, wat ook 'n skrywer is, het bygevoeg dat die liedjie op West se nuwe album moes wees, maar dat daar nie genoeg tyd was nie.

Die paartjie het die "nuwe" liedjie begin sing wat toe al die tyd nie 'n liedjie was nie, maar eerder hulle aankondiging van die groot nuus.

"Ons is swanger," het hulle gesing en daarna het die oulike video geëindig met Jannes wat 'n ballon bars wat hy gebruik het as sy eie swanger-magie.

Talle bekendes het ook die gelukkige paartjie gelukgewens.

KYK: Bekende akteurspaar deel opwindende nuus

"Julle gaan sulke oulike ouers wees ek weet dit! Ek love julle twee! En my deur is altyd oop." – Karlien van Jaarsveld.

"Yassss dankie Jesus. Baie geluk julle twee." – Riana Nel.

Selfs die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss het die paartjie gelukgewens.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Skermgreep/ Instagram/ Bernice West

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories