KYK: Kurt Darren vier 14de huweliksherdenking in "paradys"
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse sanger en sy vrou, Dunay, het onlangs hul 14de huweliksherdenking in Mauritius gevier.
Die Suid-Afrikaanse sanger Kurt Darren is ná 'n lang jaar op 'n welverdiende vakansie in Mauritius saam met sy familie.
Die 'Hop Hop Spinnekop'-sanger het pragtige foto's en video's van hul paradys-vakansie op sosiale media gedeel.
KYK: Mila en Bennie se babaseun is hier!
In een van sy vele vakansieplasings het Darren ook aangekondig dat hy en sy vrou hul 14de huweliksherdenking in dié "paradys" vier.
"Vandag vier ons ons 14de huweliksherdenking in die paradys saam met ons kinders. Ek is ná al die jare nog steeds net so versot op my engel, Dunay, soos die eerste dag toe ek haar ontmoet het. Ware liefde vir altyd," het hy op sosiale media geskryf.
Darren het ook ander foto's en video's van hul wonderlike vakansie by Club Med La Plantation d'Albion gedeel.
KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Lulani raak verloof
Tydens hul vakansie het die 'Kaptein'-sanger, sy twee kinders en Dunay ook aan verskeie aktiwiteite deelgeneem, soos snorkel, boogskiet en selfs 'n sirkusskool.
Kyk hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Kurt Darren
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Princess of Wales turns 43 with tribute from Prince William
Catherine, Princess of Wales, turned 43 on Thursday, with her husband Pr...
The Drive with Rob & Roz 10 minutes ago -
Japan 'poop master' gives back to nature
When nature calls, Masana Izawa has followed the same routine for more t...
The Drive with Rob & Roz 27 minutes ago