KYK: Mej. SA se emosionele stryd met geboorte van babadogter

KYK: Mej. SA se emosionele stryd met geboorte van babadogter

"Niks berei jou voor om 'n NICU ouer te word nie." 

MELINDA_BAM_PASGEBOREBABA
Instagram/ Skermgreep

Rein Talia Bergh, die tweede pienkvoet van Mej. Suid-Afrika, Melinda Bam, en haar man, Adriaan Bergh, is op 22 November 2024 op slegs 31 weke gebore.

Die paartjie se eerste babadogter het net 1,1 kg met geboorte geweeg, en die pad vorentoe sou nie maklik wees nie.

Bam het onlangs dié pragfamilie se stryd met die vroeë geboorte van hul dogter en hul eersteling, Ruach, se nuwe sussie, op sosiale media gedeel.

KYK: Charlize Berg slaan asems weg met 'Take On Me'

"Niks berei jou voor om 'n NICU ouer te word nie," het Bam op die plasing geskryf waarin sy 'n emosionele video van hierdie reis gedeel het.

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en haar man, die voormalige Mnr. Suid-Afrika, Adriaan Bergh, was nog besig om hul huweliksherdenking met 'n wegbreek in November verlede jaar te vier voordat dinge skielik tot stilstand gekom het.

Net 'n paar dae nadat hulle huis toe teruggekeer het, het dokters hulle ingelig dat Bam onmiddellik in die hospitaal opgeneem moes word omdat haar plasenta nie genoeg voedingstowwe en bloedvloei aan hul ongebore baba verskaf het nie.

Kort ná dié skoknuus het die egpaar hul dogter, Rein Talia Bergh, verwelkom.

"Sy is gebore as die mooiste klein dogtertjie. So klein, maar so perfek," het Bergh in die video gesê.

KYK: 'Real Housewives' se Anita nou 20 kg ligter

Ongelukkig was hulle ontmoeting met hul tweede pienkvoet kortgeknip toe sy na die Neonatale Intensiewe Sorg Eenheid (NICU) gehaas is.

"Om haar met al daardie pype en kabels te sien – geen ouer wil dit sien nie," het hy bygevoeg.

Bam het beklemtoon dat Rein eintlik nog twee maande in die baarmoeder moes wees.

"My twee hande was so groot vir haar klein lyfie. Ek was geskok toe ek haar sien, want jy sien elke aar en hoe dun haar velletjie was. Jy kon die buitelyne van haar ribbes sien, hoe afgetakel haar gesiggie was en hoe ongelooflik broos sy was," het sy gesê.

Hulle het in Augustus met groot vreugde hul tweede swangerskap aangekondig en 'n prentjie gedeel van Melinda in 'n bikini terwyl Adriaan liefdevol haar wang soen en haar maag vashou.

Kyk hier: 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Screenshot

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories