KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verwelkom nuwe baba
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss en haar man Daniel Strauss, se nuweling is uiteindelik hier!
Vanaf Mej. Wêreld Rolene Strauss in Oktober 2023 aangekondig het dat sy weer swanger is, wag Suid-Afrikaners in afwagting vir die nuweling.
KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss deel geslag van baba
Nou is die wag uiteindelik verby!
Die mediese dokter en entrepreneur het Maandag 'n plasing gedeel waarin sy die geboorte van haar en haar man Daniel Strauss se nuwe babaseun aangekondig het.
"Ons dierbaarste liefde het gistermiddag om 17:30 aangekom op 40 weke en vier dae, met 'n gewig van 4.14 kg," het Strauss geskryf.
Alhoewel hulle nie sy naam bekend gemaak het nie het die voormalige Mej. Wêreld foto's van die ervaring op sosiale media gedeel.
Sy het ook haar aanhangers gerusgestel dat beide sy en haar nuweling gesond is.
"Ons is albei gesond, gelukkig en besig om te herstel. Dankbaar vir wonderlike verpleegsters en dokters, en my gebedsvegters wat nooit opgehou bid het nie."
READ: Miss World Rolene Strauss opens up about using HIV treatment
Strauss het ook foto's gedeel van hartjies wat die nuweling se groot boeties op haar arms geteken het voor sy geboorte gegee het.
“Die seuns het hartjies op my voorarms geteken voordat ons hospitaal toe is - dit het my deur die geboorte gehelp! Hulle is dol oor hul baba broer!”
Kyk hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Skermgreep
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
WATCH: How to update your prepaid electricity meter
Residents who fail to update their prepaid electricity meter before Sund...
Breakfast with Martin Bester 13 minutes ago -
Furious student goes viral after slamming boring exam paper
As the 2024 exam season wraps up, students are feeling the pressure like...
Breakfast with Martin Bester 15 minutes ago