KYK: Mila en Bennie se babaseun is hier!
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die akteurspaartjie het onlangs hul eersteling, Karoo, verwelkom.

Die akteurspaartjie Mila Guy en Bennie Fourie het Dinsdag, 7 Januarie, die nuus gedeel dat Mila se water gebreek het tydens 'n uitstappie in Kaapstad.
Mila en Bennie het kalm gebly tydens die spesiale oomblik en selfs 'n foto op sosiale media gedeel.
KYK: Mila Guy se water breek tydens uitstappie in Kaapstad
"Water het gebreek in die stad, dankbaar vir my handdoek," het die 'Hotel'-aktrise op Instagram-stories geskryf.
Op dieselfde dag het die Fourie-paartjie uiteindelik hul babaseun, Karoo, verwelkom. Die paartjie se eersteling is op 7 Januarie gebore en was 'n gesonde 3,4 kg en 52 cm.
"Hierdie mamma en pappa is bitter trots," het die paartjie op Instagram geskryf saam met pragtige foto's van baba Karoo se geboorte.
"Ons is reg vir die volgende avontuur saam met die mannetjie. God se genade, seën en seun is groot."
KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Lulani raak verloof
"Hartlik dankie vir almal se liefde en omgee."
Kyk hier:
Ander bekendes het ook die paartjie gelukgewens:
- Demi Lee Moore: "Ah julle. Baie geluk! So dankbaar als het goed gegaan."
- Karlien van Jaarsveld: "Geluk julle!!"
- Donnalee Roberts: "Ons harte loop oor saam met julle."
- Bernice West: "Baie baie geluk julle. Mag hierdie seisoen so geseënd wees!"
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Mila Guy
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Weird practice gets you a discount at this Thai restaurant
A restaurant in Thailand gives customers a discount based on which of th...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
WATCH: Gauteng driver allegedly asleep at the wheel
If you saw someone asleep at the wheel, would you take out your phone to...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago