KYK: Mila Guy se water breek tydens uitstappie in Kaapstad

KYK: Mila Guy se water breek tydens uitstappie in Kaapstad

Die akteurspaartjie Mila Guy en Bennie Fourie het op sosiale media aangekondig dat hulle baba op pad is.

MILA GUY WATER BREEK FOTO
Instagram/ Mila Guy

Wat doen jy as jou water breek tydens 'n uitstappie in die middestad?

Wel, die glanspaar Mila Guy en Bennie Fourie het rustig gebly en die oomblik op hulle sosiale media-blaaie gedeel.

KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Lulani raak verloof

Die Fourie-paartjie het Dinsdag, 7 Januarie, die nuus gedeel dat Mila se water gebreek het tydens 'n uitstappie in die stad.

Die 'Hotel'-aktrise het selfs 'n foto van die oomblik gedeel en geskryf: "Water het gebreek in die stad, dankbaar vir my handdoek."

MILA_GUY_WATER_BREEK_INSTAGRAM_FOTO
Instagram/ Mila Guy

In die video wat op Instagram-stories gedeel is, het Mila ook advies met ander swanger vroue gedeel: "Hou altyd 'n handdoek by jou."

Mnr. en Mev. Fourie het onlangs die wonderlike nuus gedeel dat hulle swanger is met 'n babaseun.

Wat begin het as 'n ernstige video – wat lyk of die paartjie slegte nuus gaan deel – het vinnig ontaard in 'n spesiale oomblik.

"In die laaste paar weke was daar baie gerugte en spekulasie, en ons het besluit om die stilte te breek," het die paartjie geterg.

"Ons gaan ook vir baie raad vra soos ons self deur hierdie navigeer."

LUISTER: Bobby sing oor die pyn van sy egskeiding

Na die dramatiese begin van die video, het die paartjie uiteindelik die goeie nuus gedeel.

"Okay, fine. Dis nie meer ek en Mila nie, dis ek en Mila en die baba," het Bennie gesê.

"Ek is swanger," het Mila bygevoeg.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Mila Guy

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories