KYK: Minister Gayton McKenzie sing bekende Laurika Rauch lied

KYK: Minister Gayton McKenzie sing bekende Laurika Rauch lied

Suid-Afrika se minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het Suid-Afrika behoorlik aan die praat na hy onlangs 'n bekende Laurika Rauch lied tydens 'n onderhoud gesing het. 

GAYTON MCKENZIE SING LAURIKA RAUCH
TikTok/ Netwerk24

Op Sondag, 30 Junie, het president Cyril Ramaphosa sy nuwe kabinet uit die regering van nasionale eenheid (RNE) aangekondig.

Die kabinet wat bestaan uit 32 nuwe ministers en 43 adjunkministers is Woensdag amptelik by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum beëdig.

WATCH: Cabinet bursts into laughter as minister struggles to pronounce 'conscientiously'

Uit die 32 portefeuljes in die nuwe kabinet het die ANC 20, die DA ses, die IVP twee en die PA, VF Plus, Good en PAC elk een.

Vanaf pres. Ramaphosa se aankondiging het die nuwe kabinet en die regering van nasionale eenheid regoor Suid-Afrika nuushooftrekke gemaak.

Een minister wat werklik Suid-Afrika laat gons het is die nuwe minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie.

Sy belofte om 'spinning' die grootste sport in Suid-Afrika te maak het almal aan die praat gehad.

From Matric to PhDs: Here are our cabinet's qualifications

In 'n videoopname wat op sosiale media gedeel is het McKenzie gesê dat hy sy belofte sal nakom om 'spinning' wettig te maak.

"Daar is een belofte wat ek gemaak het: Ek sal seker maak dat 'spinning' een van die grootste sporte in hierdie land word. 'Spinning' en 'stance' is nie misdade nie. 'Spinning' gaan sy regmatige plek inneem. Aan al die spinners, ek is hier en ek sal seker maak dat julle erkenning kry," het hy gesê

Kyk hier:

McKenzie se meer onlangse video wat aandag getrek het was tydens 'n onderhoud met Netwerk24.

Tydens die onderhoud is die nuwe minister gevra of hy Afrikaanse kunstefeeste gaan bywoon tydens sy ampstermyn.

Sy antwoord? "Natuurlik!"

Mckenzie het aan Netwerk24 gesê dat hy beslis Afrikaanse kunstefeeste gaan bywoon.

"Ek hou mos van Afrikaanse musiek, my favourite song is Afrikaanse musiek. Laurika Rauch, 'Mannetjies Roux,'" het hy gesê voor hy sy gunsteling lied begin sing het.

Kyk hier:

@netwerk24

KYK || #Netwerk24 se @miaspies gesels met die nuut-aangestelde ministers. Kyk die volle video deur die skakel. #gaytonmackenzie #GNU

♬ original sound - Netwerk24

Meer verkiesing nuus hier:

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories