KYK: Nuwe dokumentêr oor Afrikaanse TikTok-drama op pad
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'Tiek Tok Boom!' delf in die drama-belaaide wêreld van kontroversiële Afrikaanse TikTokkers soos Christiaan Otto, Amelda Claassen en Leigh Pascheka Husselman.
![AMELDA_TIEK_TOK_BOEM](https://turntable.kagiso.io/images/AMELDA_TIEK_TOK_BOEM.width-800.png)
Maak gereed vir Showmax se nuutste Afrikaanse dokumentêr, 'Tiek Tok Boom!,' wat op 18 Februarie 2025 vrygestel word.
Dié dokumentêr delf dieper in die lewens van Afrikaanse TikTokkers en die drama wat ontstaan het uit hul internet-roem.
Alhoewel TikTok vir baie mense 'n positiewe platform van vermaak geword het het en selfs 'n bron van inkomste vir sommiges, is daar steed ook 'n donkerder kant aan die toep.
LEES: Verwelkom 'The Mommy Club: Van Die Hoofstad'
Sekere Afrikaanse TikTokkers se regstreekse uitsendings (TikTok Lives) op die toepassing het 'n donkerwolk van kuberafknouery, dwelmmisbruik en eksplisiete taalgebruik oor hulle laat hang.
Volgens The South African het sommige van hierdie uitsendings selfs tot selfmoordpogings regstreeks gelei.
Die vervaardigers van 'Sex in Afrikaans' bring nou die storie agter hierdie smaakmakers se internet-drama in 'Tiek Tok Boom!'
Die dokumentêr fokus op die volgende kontroversiële TikTokkers:
- Christiaan Otto (Christiaan met 2 A's): 300k volgers
- Amelda Claassen (Queen Amelda): 80k volgers
- Leigh Pascheka Husselman (Leigh Pasheka): 65k+ volgers
- Johnny van Rensburg (King Binlaken): 50k+ volgers
- Teresa van der Bergh (Terrible Tess): 35k+ volgers
Saam het hierdie TikTokkers meer as 100 miljoen kyke.
Die dokumentêr se skepper, Rian van Heerden, sê dat alhoewel TikTok 'n inkomste vir hierdie TikTok-gebruikers geword het, het dit ook tot sommiges se ondergang gelei het.
LEES: Bekende Suid-Afrikaanse liedjieskrywer sterf
"Dit [Tiek Tok Boom!] is 'n koue blik op die donker kant van roem in die TikTok-era, wat die vraag laat ontstaan: Waar is die lyn tussen roem en katastrofe?"
Ander onderhoudvoerders in die dokumentêr sluit in 'Devilsdorp'-ster Marizka Coetzer, sowel as sosiale komediant Themba Robin.
Komediant en skrywer Melanie du Toit, asook sielkundige Sanam Naran, verskyn ook in die film.
Hulle bied insig in die kulturele en sielkundige impak van hierdie nuwe golf van digitale roem.
"Dit is 'n ramp wat wag om te gebeur," sê Coetzer in die lokprent. "Jy wag net vir dit om te ontplof."
Kyk die lokprent hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: YouTube/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Brutal murder of Raygun the baboon under investigation
Breakfast with Martin Bester spoke to Jacques Peacock, Communications Ma...
Breakfast with Martin Bester 5 hours ago -
LISTEN: Should dogs be allowed where babies are allowed?
It's a classic case of animal versus human.
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago