KYK: Pretoria-inwoners neem aksie teen slaggate
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'n Groep inwoners in Pretoria-Noord het sake in hul eie hande geneem om bewusmaking oor die meer as 150 slaggate in hul gemeenskap te bevorder.

Hulle sê as jy iets gedoen wil hê, moet jy dit self doen — en dit is presies wat dié groep inwoners in Pretoria-Noord gedoen het.
Ná 'n lang wag vir die metro om die slaggate te herstel, het dié inwoners plante in die slaggate begin plant om bewusmaking te bevorder.
DA-stadsraadslid vir Wyk 2, Quentin Meyer, het aan Pretoria Rekord gesê dat hy reeds ’n dringende versoek aan die burgemeester, dr. Nasiphi Moya, gestuur het om aksie teen die slaggate te neem.
Volgens Pretoria Rekord is daar meer as 150 slaggate wat in Montana, Sinoville, Doornpoort en Wonderboom gerapporteer is.
KYK: Patricia Lewis se seun vier 21ste verjaarsdag
In sy brief aan Moya het Meyer dit duidelik gemaak dat inwoners sake in hul eie hande begin neem het deur plante in slaggate te plant om ’n "sterk stelling" te maak.
"Ons het ons aansoeke geëskaleer, gerapporteer, e-posse gestuur en elke kanaal tot ons beskikking gevolg, maar niks het verander nie. Geen sigbare aksie nie. Geen langtermyn-oplossing nie. Geen afdwinging van aanspreeklikheid nie," sê Meyer in sy brief aan die burgemeester.
Meyer het self ook ’n aalwyn in 'n slaggat op die hoek van Jan van Riebeeck- en Generaal de Wetstraat in Pretoria-Noord geplant.
Kyk hier:
"Só 'n gat met 'n plant in staan dan net dalk meer uit, en 'n mens kan dit vermy," sê hy.
Alhoewel baie van die plante reeds verwelk het of deur motoriste platgery is, maak dit nie saak nie, aangesien die doel is om die metro se aandag te trek.
KYK: Voormalige Mej. SA kuier by president Trump
"Dis die idee wat tel. Ons wil bewusmaking skep en 'n stelling maak," sê Meyer.
"Ons leef in onaanvaarbare omstandighede. Die paaie verkrummel onder ons. Ons frustrasie het sy limiet bereik. Elke dag bars iemand se band. Elke dag breek veerstelsels. Ons betaal elke dag vir die metro se gebrek aan optrede uit ons eie sakke."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: YouTube/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Woman compares a Porsche to a Chery
In what world is this acceptable? Mzansi reacts to a woman's interpretat...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago -
Beating the speed laws: What speed gets you fined in SA?
Did you know that there is a small window of opportunity for motorists w...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago