KYK: 'Real Housewives' se Anita nou 20 kg ligter
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Een van Suid-Afrika se gunsteling 'Housewives' is nou 20 kg ligter…

Anita Lloyd het Suid-Afrika aan die gons gehad met haar eerlikheid, skerp humor en skreeusnaakse sê-goed tydens die eerste seisoen van 'Die Real Housewives van die Wynlande.'
Soos sy duidelik gemaak het in een episode van 'Die Real Housewives,' is haar man, Boyce, lief vir haar want sy is "f*kken hot."
Dit was toe waar, en dit is beslis nou ook waar!
Lloyd het onlangs haar nuwe, slanker figuur onthul—20 kilogram ligter—en sy lyk fantasties.
Volgens Huisgenoot het die realiteitster besluit om drastiese leefstylveranderinge te maak toe sy besef het dat een van haar gunstelingstelle skoene nie meer pas nie.
Anita het gedeel dat haar man, die gewese KWV-baas Boyce Lloyd, opgemerk het dat haar gunstelingskoene nie meer pas nie omdat sy dalk effens gewig opgetel het.
KYK: Michelle Botes te sien in laaste reeks op Netflix
"Ek en Boyce was een aand op pad na 'n funksie toe. Ek haal toe een van my mooiste pare skoene van die rak af, en daar wil my skoene my nie pas nie. Hy kyk my toe so op en af en sê: 'Jy weet, ek is baie lief vir jou, en ons stap nou al 40 jaar saam...'"
"Ja, en?" het sy huiwerig gevra.
Boyce antwoord toe: "Jy is oorgewig, my skat, en dis hoekom jou skoene nie pas nie. Jou voete lyk soos poffertjies."
Anita het dadelik op die skaal geklim en besef dit is waar.
"En ja, wragtig, ek het 85 kg geweeg. Toe weet ek dis nou tyd om die ekstra gewiggies af te skud. Soos in ernstig tyd."
In die laaste paar maande sedert haar besluit het die geliefde ster reeds 20 kg verloor.
"Ek voel baie goed én gesond," het sy aan Huisgenoot gesê.
Volgens Anita is die 20 kg gewigsverlies te danke aan leefstylveranderinge en 'n klein bietjie hulp.

Sy het gesê dat alkohol nou meestal taboe is, behalwe op spesiale geleenthede.
Suiker en stysel is ook nou verbode, en haar porsies is veel kleiner.
"Ek gebruik ook aanvullings en inspuitings wat my lus vir kos in toom hou," het sy verklap.
LEES: Bobby van Jaarsveld deel opwindende nuus oor nuwe avontuur
Maar ongelukkig gaan sy nie presies deel watter inspuitings dit is nie. Dis háár geheim.
Hoewel sy nie die besonderhede wil verklap nie, huiwer sy nie om te erken dat sy ekstra hulp inkry nie. "Mense ken my as iemand wat dinge sê soos dit is,: sê sy.
Vir haar is opregtheid belangrik. "Eerlikheid dra juis by tot eerbaarheid, integriteit en dissipline," het sy voorheen in Minki van der Westhuizen se geselsprogram gesê.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: kykNET
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
KYK: Die moeilikste Afrikaanse woorde om uit te spreek
As jou moedertaal nie Afrikaans is nie, kan dit moeilik wees om seker wo...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
VIDEO: Man escapes from Jeppe Magistrates Court top floor
The incident was captured on video in Johannesburg as it took place!
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago