KYK: Sexy Brendan Peyper opsoek na liefde
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Dames, maak gereed, want sanger Brendan Peyper is gereed om liefde te vind op die derde seisoen van kykNET se 'Op My Eish!'
Hy het 'n glimlag wat menige vrou se knieë lam maak, spiere wat bult en die groot hart van 'n boerseun van die Vrystaat.
Met trefferliedjies soos 'Stop, wag, bly nog ’n bietjie', 'Trouvrou' en 'Jy laat dit maklik lyk' is daar egter een ding wat nog kort in Brendan Peyper se lewe: daardie een groot liefde.
KYK: Sangeres Amor Vittone maak hart oop oor afsterwe van pa
En dis waar 'Op My Eish!' 'n rol gaan speel, want, ja, Brendan is die alleenloper wat liefde in die derde seisoen van kykNET se gewilde realiteitsreeks gaan soek.
"Ek het ingestem om deel van die program te wees omdat ek baie oopkop is oor die lewe en nie deure wil toemaak wat vir my oopgaan nie," sê Brendan. "Mens weet nooit wat die lewe vir jou inhou nie en wat vir jou bestem is nie."
Hoe lyk sy ideale vrou?
"Ek het nie noodwendig 'n prentjie in my gedagtes nie, want soms is dit die persoon waarvan jy dit die minste verwag wat jou die hardste van jou voete afslaan. Al wat ek kan sê, is dat ek van ’n vrou hou wat atleties gebou is en ’n gesonde leefstyl handhaaf," sê hy.
LEES: Talle teken petisie om '7de Laan' te red
Die derde seisoen van 'Op My Eish!' word in September en Oktober vanjaar by van Brendan se gunsteling-plekke verfilm en die uitvoerende vervaardiger, Gideon Eksteen van Wakanda Media, sê kykers kan beslis 'n paar kinkels verwag, maar dat daar nie te veel aan die formaat gaan verander nie omdat dit so goed werk.
Waarna sien Brendan die meeste uit?
"Om die vroue te leer ken en te sien hoe hulle reageer en optree," sê hy.
Inskrywings is tans oop tot 31 Augustus op kykNET.tv – moenie hierdie kans laat verbygaan nie.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
SA woman shares story of singing with Green Day
On Sunday the 19th of January, Green Day performed at Soccer City to tho...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
Why 2025 has fewer public holidays than 2024
Have you locked in your leave days for the year yet?
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago