KYK: Voormalige Mej. en Mnr. Suid-Afrika weer swanger

KYK: Voormalige Mej. en Mnr. Suid-Afrika weer swanger

Die glanspaartjie het die goeie nuus op sosiale media gedeel…

MELINDA BAM TWEEDE BABA
Instagram/ Skermgreep

Die Bergh huishouding gaan binnekort 'n vierde lid in hulle gesin verwelkom.

In 'n onlangse Instagram-plasing het die voormalige Mej. Suid-Afrika, Melinda Bam en haar man, voormalige Mnr. Suid-Afrika 2011, Adriaan Bergh aangekondig dat hulle swanger is.

Die paartjie het 'n video van hulle eersgeborene, Ruach, wat op 10 Maart 2023 gebore is gedeel.

KYK: Ruhan du Toit skok met bekende Ed Sheeran-lied

Op die video was geskryf: "Daar is 'n nuwe algemene sê-ding in SA, maar in ons huis beteken dit iets anders… julle weet nie wat ons weet nie."

Ten einde die video hou klein Ruach 'n babasonar in sy hande waarop staan "coming January 2025."

"Hulle weet nie wat ons weet nie… maar nou doen julle," het die paartjie saam die plasing geskryf.

"Ons harte kan nie meer oorweldig wees van dankbaarheid aswat dit tans is nie!"

Kyk hier:

In 'n opvolg plasing het die 2011 Mej. SA ook 'n foto gedeel waar sy met haar babamagie spog op 'n strand in Frankryk.

Die foto is geneem tydens die egpaar se wegbreek in St. Tropez in die Franse Riviera in Ramatuelle in Frankryk.

LEES: Hierdie is die Suid-Afrikaanse stad wat die meeste vloek

"Ses weke Glowing and Growing…Tyd weg saam met my man is altyd onvervangbaar—hergroepering, droom, bid, speel, en verbeel wat hierdie nuwe hoofstuk gaan inhou, met 'n paar doelbewuste besluite oor hoe ons sekere dinge gaan benader. Meer werd as goud," het Bam saam die plasing geksryf.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories