LUISTER: Man in hegtenis na aanval op Appel se skoonpa
Updated | By Breakfast with Martin Bester
In 'n gesprek met 'Breakfast with Martin Bester' het die sanger Appel meer besonderhede oor die aanval op sy skoonpa, Deon Gouws, gedeel.

Die gewilde sanger het sy aanhangers bedank vir hul hulp ná 'n man in hegtenis geneem is na die gru-aanval op sy skoonpa, Deon.
Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger Appel, regte naam Christoph Kotzé, het onlangs 'n dringende versoek aan sy aanhangers gerig vir hulp nadat sy skoonpa, Deon Gouws (63), op Saterdag, 22 Maart, in Zambezi, Pretoria wreed aangeval is.
Appel het sy aanhangers gevra om sy plasing wyd te deel en om die familie te help om die aanvaller op te spoor.
LEES: Sanger Appel deel gru-aanval op skoonpa
In 'n opvolgplasing het die sanger die goeie nuus gedeel dat ‘n verdagte in verband met die aanval op Deon in hegtenis geneem is.
"Die verdagte is gisteraand, in minder as 24 uur, in hegtenis geneem en genoeg bewyse is gevind. Ons hele familie se harte loop oor van dankbaarheid."
Die 37-jarige sanger het ook almal bedank wat gehelp het met die "spoedige en deeglike" inhegtenisneming.
In 'n gesprek met 'Breakfast with Martin Bester' het Appel vertel dat dinge goed gaan met Gouws onder die omstandighede. Hy was glo ook in goeie hande by die hospitaal in Menlyn, Pretoria.
Die man is verskyn, Maandag, 25 Maart in die hof, maar die familie en publiek mag nog nie sy naam ken nie, en hy het nog die reg om sy standpunt te stel.
Meer oor die aanval
In sy Facebook-plasing het die 'Nonna'-sanger verduidelik dat Deon en sy vriende ná ‘n doeke-braai op pad was na Hennie's in Zambezi.
'n Silwer Nissan Navara-bakkie het toe agter Deon se voertuig ingeval en, glo sonder enige rede, het die bestuurder drie skote geskiet.
"Deon se vriend, Wentzel, het verbygejaag en geskree dat die man op hulle skiet," het Appel geskryf.
"Die Navara het langs Deon ingetrek, sy voertuig van die bestuurderskant gestamp, en die bestuurder het vir Deon met 'n vuurwapen in die gesig geslaan."
Deon het gelukkig weggejaag, alhoewel die bestuurder steeds met die aanval probeer voortgaan het.
Volgens Appel is sy skoonpa lewendig, maar ernstig beseer en in skok.
LEES: Só het Demi Lee Moore en haar man ontmoet...
In 'n opvolgplasing het die sanger ook meer oor Deon se toestand gedeel:
"Hy is tans in die hospitaal opgeneem. Die bloeding in sy gesig het ‘n omvangryke hematoom veroorsaak, en daar is ook bloeding onder die veloppervlak wat ‘n infeksie kan veroorsaak. Ons wag tans vir verdere spesialisbehandeling en monitor hom noukeurig."
Appel het ook die Sinoville-polisie bedank vir hul "uitsonderlike" werk in verband met die saak.
"Ek wil opreg my dank en waardering uitspreek aan die Sinoville-polisiekantoor, spesifiek kolonel De Jager. Sy optrede is niks minder as uitsonderlik nie. Hy tree met erns, vinnigheid en professionaliteit op. ‘n Ware yster van 'n man."
Vir diegene wat wonder of Deon moontlik iets gedoen het om die situasie te veroorsaak, het Appel dit duidelik gemaak:
"Daar was geen kroeggeveg of enige vorm van konfrontasie nie. My skoonpa is 'n vredeliewende, kalm mens. Hy dra geen haat nie, soek nooit konflik nie, en is nie aggressief van aard nie. Hierdie aanvaller was iemand met 'n kort lont, en my skoonpa het hom ongelukkig in sy spervuur bevind."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Appel
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Cardi B moans about her daughter drawing on her R1.1m Hermès
This one is all about perspective. Did Kulture ruin the bag or make it a...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
5 kitchen hacks that can save you money and time
Here are five useful kitchen hacks that will save you money and make you...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago