LUISTER: Bobby sing oor die pyn van sy egskeiding
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die sanger Bobby van Jaarsveld het onlangs 'n nuwe liedjie, 'Niks Soos Liefde Nie', vrygestel ná die aankondiging van sy egskeiding.
Die Suid-Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld het onlangs op sosiale media bevestig dat hy en sy vrou, Annatjie, ná 13 jaar van getroude lewe gaan skei.
Nou het Van Jaarsveld 'n liedjie, 'Niks Soos Liefde Nie', wat fokus op die hartseer van 'n egskeiding, vrygestel.
In 'Niks Soos Liefde Nie' sing Bobby oor die uitdagings van 'n egskeiding, maar ook wat hy daaruit geleer het.
KYK: Demi Lee Moore vier 35ste verjaarsdag in styl
Verder erken Bobby ook in die liedjie dat hy glad nie spyt is oor die huwelik of sy liefde vir sy vrou nie.
Die 'Spieëltjie'-sanger het 'n lirieke-video vir die liedjie op sy YouTube-blad gedeel waarin hy in 'n denimbroek en wit T-hemp die liedjie sing.
Luister hier:Van Jaarsveld se egskeiding
Na 13 jaar van getroude lewe kom die sanger Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, se huwelik tot ’n einde.
Die sanger het die hartseer nuus in ’n kort verklaring op sosiale media gedeel.
Volgens Maroela Media was die paartjie vir 13 jaar getroud en is al vanaf skooldae bymekaar.
"Soms lyk onvoorwaardelike liefde anders as wat die blote oog sien," lui die verklaring wat deur albei onderteken is.
"Ek en Anna het saam, ná baie oorweging, die moeilikste besluit van ons lewe ooit geneem – om ons huwelik te beëindig," het die paartjie geskryf.
"Ons het soveel wonderlike oomblikke en jare saam gedeel en sal altyd vir mekaar lief wees en omgee."
KYK: Jan Bloukaas deel kankerstryd in dokumentêre reeks
Bobby en Anna is reeds sedert 2011 getroud en het twee seuns en 'n dogter saam.
"God het ons geseën met drie pragtige kinders, en hulle sal altyd ons eerste prioriteit bly.
"Al verander ons verhouding as 'n paartjie, is ons beide toegewyd om ons kinders saam groot te maak as vriende, met dieselfde liefde wat hulle tot dusver ervaar het."
Verder het hulle ook gevra dat hulle as gesin gerespekteer sal word in dié moeilike tyd.
"Ons is dankbaar vir almal se liefde en ondersteuning.
"Ons versoek dat ons as gesin asseblief gerespekteer sal word in hierdie moeilike tyd, sodat elkeen afsonderlik, en saam, ’n pad van genesing kan stap."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: YouTube/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
VIDEO: South African Dakar heroes receive warm welcome home
Henk Lategan and Brett Cummings have made their home after a gruelling D...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago -
Should SA also ban social media for under 16s?
Australia recently passed a landmark ban that has led to a lot of mixed ...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago