LUISTER: Rasistiese WhatsApp-stemnota skok SA
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'n WhatsApp-stemnota waarin 'n vrou rasistiese uitlatings maak, het groot opslae op sosiale media veroorsaak.
Anita Rademeyer van Caledon staan tereg op 'n klag van crimen injuria nadat 'n stemnota waarin sy die woorde "me*d" en "h*tn*t" gebruik het, op sosiale media gedeel is.
Die stemnota het vinnig baie aandag aanlyn getrek en talle reaksies ontlok.
LEES: Brendan Peyper maak oop ná gerugte oor getroude vroue
In die byna vyf minute lange stemnota kan Rademeyer gehoor word waar sy dié rasistiese aanmerkings teenoor 'n bruin mede-inwoner van die dorp maak.
*Waarskuwing: Hierdie stemnota bevat sterk taal en rassistiese opmerkings
Volgens Rapport het dit alles begin toe Ben Lourens sy bruin vriendin, Claire Coetzee, gevra het om na sy hond en sy huis te kyk terwyl hy weg was.
KYK: Jan Bloukaas deel kankerstryd in dokumentêre reeks
Rademeyer het toe vir Lourens die stemnota gestuur om te kla oor sy vriendin se beweerde gedrag terwyl sy na die huis gekyk het.
"Dit het woes gegaan hier langsaan! Dit was 'n toeloop. Daar is okka-pyp gerook in die deur. Dit was mde – htnts. Hulle het rumoer van soggens vroeg tot saans laat. Daar is gevloek en geskel, met musiek wat ten hemele geskree het. Die huis was gedurig omring deur klomp htnts wat hier rondstaan en mde wat in die deur hang."
Die Caledon-inwoner het ook kommentaar gelewer oor Lourens se keuse om sy hond by 'n "m**d en haar trawante" te los.
"Óf sy het Star toegesluit in die kamer dat sy nie die h*tn*ts kan byt nie óf sy is nou h*tn*t gewoond... Jy kan nie weer vir Star in haar sorg los nie!"
Nadat Ben Lourens die stemnota ontvang het, wou hy dit eers nie vir Claire speel nie, maar het dit uiteindelik aan haar gespeel nadat sy versoek het.
KYK: 'Hartklop'-aktrise wéér swanger
Volgens Coetzee is sy baie seergemaak deur die aanmerkings, en sy gaan nie die saak los nie.
"Waar kom sy nou nog aan dit? Dis mos lankal nie meer van htnt nie. In watter era lewe hulle nog? Dis nie lekker om te hoor nie. Dis seer. Ek sal daai vrou nooit vergewe nie," het sy gesê.
Rapport het ook met Anita Rademeyer gepraat, wat glo volgehou het dat sy nie 'n rassis is nie en dat daar niks fout is met die woord "h*tn*t" nie.
"Dis nie 'n skelwoord nie. Ek word ook gedurig vir 'n boer uitgeskel," het sy gesê.
Rademeyer het gesê dat sy slegs die uitlatings gemaak het omdat Coetzee haar uitgelok het.
Sy het ook 'n klag van crimen injuria teen Coetzee ingedien, aangesien Coetzee na bewering rasse-uitlatings teenoor haar gemaak het.
"Die stemnota is op sosiale media geplaas sonder my medewete. Ek is nie geken in die saak nie. Die uitlatings was nie direk teenoor haar gemaak nie en was in ’n private boodskap. Sy het dit gesteel van my buurman se foon; nou is ek die vark in die verhaal en wil almal my afslag."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Here is Martin Bester's new Secret Sound
Martin Bester is ready to give one lucky listener R50,000 if they can co...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
LUISTER: Rasistiese WhatsApp-stemnota skok SA
'n WhatsApp-stemnota waarin 'n vrou rasistiese uitlatings maak, het groo...
Breakfast with Martin Bester an hour ago