KYK: Malcolm Wentzel skenk R100,000 aan jong kankerlyer

KYK: Malcolm Wentzel skenk R100,000 aan jong kankerlyer

Jean du Plessis, meer bekend as Jan Bloukaas het Vrydag vir die eerste keer op Breakfast With Martin Bester se Friday Live opgetree. 

FKN CHEQUE JAN BLOUKAAS
Jacaranda FM

Jean du Plessis, meer bekend as Jan Bloukaas het in September 2022 op 'n Instagram-video aangekondig dat hy met breinkanker gediagnoseer is. 

Die 'Kaas Elke Dag'-sanger het vanaf sy diagnose sy kankerstryd op sosiale media gedeel om aanhangers op hoogte te hou van sy gesondheid.

Du Plessis deel talle video's en foto's waar hy wys hoe hy vir chemoterapie gaan en waar hy aanhangers op hoogte hou en bedank vir hulle bystand.

KYK: Sanger Dirk van der Westhuizen maak diagnose bekend

Vanjaar het hy weer begin met 'n reeks chemoterapiesessies om die kanker te veg. 

Vrydag, 3 Mei, het die musikant op Breakfast with Martin Bester gekuier vir baie spesiale Friday Live-optrede.

Die Friday Live-optrede is een dag voor sy "een laaste nag" optrede by vanjaar se Melkfest by Idlewild Country Estate in Pretoria.

Na vele terugslae en sy huidige chemoterapie het die 'Sterre Brand'-sanger besluit om op sy gesondheid te fokus en 'n breek te vat van musiek en optredes. 

Om die spesiale kuier selfs groter te maak het sosiale media-ster en entrepreneur Malcolm Wentzel, Du Plessis in die Jacaranda FM-atlejee verras toe hy R100,000 names die sanger aan 'n jong kankerlyer geskenk het. 

14-jarige Niel Brand, is onlangs met leukemia (bloedkanker) gediagnoseer en is tans in die Rondebosch Medical Cente vir behandeling. 

Volgens Du Plessis, is die jong seun se enigste droom om terug te keer hoërskool toe en daarom het die FKN Army 'n R100,000 aan hom geskenk. 

Die FKN Army is 'n nie-wingewende organisie wat deur Wentzel en sy vrou, 'Die Real Housewives van Pretoria' se KiKi La Coco, begin is. 

Die primêre doel van die FKN Army is om die lewens van sy lede te verbeter en 'n positiewe impak op die samelewing te maak. 

KYK: Handré Pollard deel eerste foto van babaseuntjie

"Ons doel is om mense se drome te vervul en positiewe energie in die wêreld te bring," sê die amptelike FKN Army se webtuiste. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories