Mej. Suid-Afrika Natasha Joubert en haar Sakkie trou
Updated | By Breakfast with Martin Bester
"Ek het opgestaan en soos die gelukkigste vrou op aarde gevoel."

Op Sondag, 25 Februarie, het Mej. Suid-Afrika 2023, Natasha Joubert, die fantastiese nuus gedeel dat sy en haar kêrel, Enrico Vermaak, verloof geraak het.
"Ja vir vandag, môre en elke dag daarna. Ek en Enrico vier vandag agt jaar en vyf maande saam en die ewigheid wat kom. Sakkie, ek is lief vir jou! Ek gaan jou vroutjie word!" het Joubert op Instagram geskryf.
"Kom ons trou!" het sy verder op Instagram geskryf.
Nou, byna 'n jaar ná die aankondiging, is die paartjie uiteindelik getroud.
KYK: Gewilde SA musikant raak verloof
Mnr. en Mev. Vermaak het die afgelope naweek die knoop deurgehak by hul "droom-venue," Cavalli Estate, in die Kaapse Wynlande.
Natasha het op die dag van haar troue 'n foto op Instagram gedeel waarin sy 'n gesigmasker dra en geskryf het: "Ek kan nie wag om jou vandag te trou nie."
Vermaak het ook 'n emosionele plasing op Instagram gemaak waarin hy geskryf het: "Vandag trou ek met my beste vriend, my grootste liefde en my vir altyd. By jou het ek my tuiste, my hart en my geluk gevind. Op ons vir altyd!"
Die voormalige Mej. Suid-Afrika het ook 'n video en foto's van hul oefenete voor die troue by Cavalli Estate gedeel.
Alhoewel Mev. Vermaak nog geen foto's van die troue gedeel het nie, het sy aanhangers belowe dat sy binnekort foto's sal deel.
"Ek belowe ek deel al die trou-dinge binnekort," het sy op haar Instagram-storie geskryf.
KYK: Ruhan du Toit laat trane rol met 'Kinders van die Wind'
"Ek het opgestaan en soos die gelukkigste vrou op aarde gevoel. Ons troudag was letterlik perfek."
"Ek het die hele dag gehuil."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Natasha Joubert
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
WATCH: Teenager urinates on table in restaurant
What would you do for internet fame?
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
WATCH: Fake celeb pop-up skincare store scams South Africans
This is why we can't have nice things in SA...
The Drive with Rob & Roz an hour ago