'n Ware misdaad storie oor die val van 'n engel
Updated | By Gerda de Sousa
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe bring 'n nuwe episode oor 'n finansiële tragedie en 'n bedrogspul wat 'n hele gemeenskap verwoestend agter gelaat het.

Die Engel van Vanderbijl vertel die ware misdaad verhaal oor een van die grootste Ponzi skemas in Suid-Afrika se geskiedenis.
Dit het in 2002 begin ontrafel toe die polisie toegeslaan het op die huis van Marietjie Prinsloo.
Sy het eens bekend gestaan as die vrou wat derduisende mense se bank rekenings sou help groei.
Prinsloo en haar maatskappy, Krion, het egter tot 'n skielike en ver val gekom en sy is skuldig bevind dat sy die meesterbrein was agter 'n misdaad met een van die hoogste aantal slagoffers in die land.


Izabel Engelbrecht

Yolande en Gerrit Lemstra

Iscor Arcelor Mittal Steel Works
Die kriminele saak en die likwiderings proses sou vir 'n dekade lank uitrek terwyl die slagoffers van Marietjie Prinsloo se R1.5 miljard bedrog slenter moes sit en wag om te hoor of hulle ooit weer een sent sou sien.
Jacaranda FM se Gerda de Sousa bied dié eksklusiewe Afrikaanse podgooi reeks aan op JacPod, oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Gerda de Sousa
True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n nuwe en oorspronklike reeks van ses episodes gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Nicole Engelbrecht
Luister ook na die vorige episode oor die Lotter Gesinsmoorde.
Show's Stories
-
What is Brutalism? And why architects hate 'The Brutalist'
'The Brutalist,' an epic drama loosely inspired by the life and work of ...
The Drive with Rob & Roz 3 minutes ago -
Office tech and other items that have been laid to rest
Do you remember fax machines, telephone directories and chunky desktop c...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago