Niklaas Thomas: Die mooiste storie wat jy vandag sal lees
Updated | By Breakfast with Martin Bester
"Ek is haweloos en het geen familie, maar ek gaan nie sit en myself jammer kry nie."

Niklaas Thomas, van Worcester, in die Wes-Kaap se storie is dié van deursettingsvermoë en inspirasie vir 'n Maandag!
“Toe ek die R5 kry, is al wat deur my kop gaan na vier dae se honger wees, om brood te gaan koop."
'n Mens se lewe verander in 'n oogwink en dis presies wat met Niklaas gebeur het.
LEES: ‘Spoegwolf’ se Danie Reënwolf is verloof!
Meer as 8 000 mense het 'n video van Niklaas op Facebook gekyk.
Sommige kykers sê hulle moes selfs hul trane afvee.
Niklaas begin deur sy verhaal te vertel.
"Ek het 15 jaar lank geswerf. Ek het ‘n R5 gehad en besluit om vir my iets te koop om te eet.”
Niklaas het toe nie 'n brood gekoop nie, maar eerder die geld gebruik om ‘n blikkie swart skoen politoer aan te skaf.
LEES: Juan Boucher en Shamodene verwag eersteling
Niklaas het toe besluit om sy dienste, die politoer van skoene, aan persone teen 'n fooijtie te verskaf
Hy het sy besigheid by 'n plaaslike karwas opgerig.
Sy besigheid groei elke dag - en dit het slegs met 'n R5 begin!
Kyk die inspirerende video en trek solank ‘n sneusdoekie nader!
Luister na 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae 06:00 - 09:00. Stroom die program regstreeks hier of kry ons mobiele app hier.
Show's Stories
-
Experience Korea in Pretoria at the Korean Cultural Centre
Are you a South African wanting to experience Korean culture? Don’t stre...
Breakfast with Martin Bester 53 minutes ago -
Will South Africa really get a Grade 13 from 2026?
Rumours that the Department of Basic Education will introduce Grade 13 n...
Breakfast with Martin Bester an hour ago