Nuwe Afrikaanse reeks op JacPod sal jou hare laat rys
Updated | By Gerda de Sousa
As
jy hou van ware misdaad verhale, het Jacaranda FM se JacPod net die reeks vir jou om na te
luister, in Afrikaans.

'True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe' loods op 16 Augustus 2022, en vertel die verhale agter van Suid-Afrika se mees berigte en donkerste misdaad intriges soos wat jy dit nog nooit gehoor het nie.
Die oorspronklike reeks van ses episodes is gebasseer op Nicole Engelbrecht se gewilde 'True Crime South Africa'-reeks en bevat meer navorsing, onthullings en inligting wat jou hart vinniger sal laat klop.
Jacaranda FM se Gerda de Sousa bied die eksklusiewe Afrikaanse reeks aan oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.


Die eerste episode handel oor die Lötter-gesinsmoorde.
Dis die storie wat op 19 Julie 2008 die land getref het, toe Mathew Naidoo die polisie in Westville, Durban, ingelig het dat sy meisie se ouers in hulle huis in Thames straat vermoor is.
Foto: Johnny en Riekie Lotter

Foto: Mathew Naidoo

Riekie en Johnny Lotter het vir verskeie maande doods dreigemente gekry en dit het gelyk of dié onheilspellende voorspellings nou waar geword het.
Maar toe lede van die Durbanse Georganiseerde Misdaad Eenheid die bewyse begin vergelyk met die storie van die Lotter-kinders, Hardus en Nicolette, het dit duidelik geword daar skuil meer agter die moorde.
Binne ure na die twee gru moorde, het die ondersoekspan ‘n baie vreemde verhaal begin ontrafel van beheer, okulte gedrag en leuens wat als gelei het tot die hoogste vorm van familie verraad.
Nicole Engelbrecht het ook Dinsdag op Breakfast with Martin Bester meer vertel oor 'True Crime South Africa'.
Engelbrecht het ook meer gedeel oor van Suid-Afrika se mees grusame ware misdaad verhale.
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 5 hours ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 5 hours ago