EKSKLUSIEF: Nuwe Afrikaanse 'SpongeBob SquarePants' temalied

EKSKLUSIEF: Nuwe Afrikaanse 'SpongeBob SquarePants' temalied

Wie bly in n pynappel onder die see? Die nuwe Afrikaanse 'SpongeBob SquarePants' temalied is hier!

MARTIN BESTER EN SPONGEBOB
Jacaranda FM

As deel van Nickelodeon se 25ste herdenking van die geliefde animasiekarakter 'SpongeBob SquarePants' het die televisiekanaal besluit om die reeks in drie verskillende tale aan Suid-Afrikaanse gehore te bring. 

Vanaf Maandag 17 Junie kan kykers hulle gunsteling geel karakter sowel as die ander geliefde karakters Patrick Star, Squidward, Mr Crabs, en Plakton in Engels, Zoeloe en Afrikaans op die kassie sien. 

Die reeks is in díe plaaslike tale oorgeklank as deel van Nickelodeon se 'Nick In Your Language'-inisiatief wat ook die animasiereeks te 25ste bestaansjaar vier. 

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verwelkom nuwe baba

'SpongeBob SquarePants'-entoesiaste van alle ouderdomme kan nou die onderwater-avonture van SpongeBob en sy vriende in hul moedertaal ervaar of dit gebruik as 'n prettige manier om 'n nuwe taal aan te leer. 

Volgens Nickelodeon is die kanaal daartoe toegewy om plaaslike tale te help bewaar met hul 'Nick in Your Language'-projek, 'n opwindende inisiatief wat daarop gemik is om inklusiwiteit en kulturele diversiteit in kindervermaak oor Suid-Afrika te bevorder.

Vroeër vanjaar het Nickelodeon 'PAW Patrol' in Zoeloe bekendgestel en Nickelodeon beplan om meer gewilde programme in plaaslike tale oor te klank, wat jong kykers in staat stel om hul gunsteling programme in hul verkose tale te geniet.

Dillon Khan, visepresident van Comedy Central, Nickelodeon en Studios & Creative Services (Afrika), het sy opgewondenheid oor die projek uitgespreek en gesê, "Ons is verheug om 'SpongeBob SquarePants'-aanhangers die geleentheid te bied om sy 25ste herdenking in plaaslike tale te vier. Dit is die eerste keer dat ons 'n Nickelodeon-program in Afrikaans oorklank. Die 'Nick in Your Language'-projek is 'n viering van kulturele diversiteit, wat ons toewyding aan inklusiwiteit in kindervermaak weerspieël."

KYK: Netflix announces new 'Minecraft' animated series

Om jou verkose taal te kies is so maklik soos vissmeer, druk eenvoudig "OPSIES" op jou DStv-afstandbeheerder, gaan af na "TAAL" en kies jou verkose taal.

'SpongeBob SquarePants' in Afrikaans (Zoeloe en Engels) sal op die NickToons, DStv kanaal 308, Maandag tot Vrydag begin vanaf 17 Junie om 08:00 CAT en herhaal om 15:00 CAT.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories