Ontmoet 'Boer Soek 'n Vrou' se tweede gay boer
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Só kan jy vir Boer Rudi briewe stuur vir die 17de seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou'…
Natuurlewe, kunste, stap, swem, sosiaal verkeer - dit is alles wat Boer Rudi, 47, na aan die hart lê.
Alhoewel die wildboer van Brits in die Noordwes, elke oggend oor sy plaas kan uit kyk met beeldskone natuur, bome, en diere en 'n gemeenskap het wat agter hom staan is daar een ding wat hy steeds na opsoek is – liefde.
KYK: 'Hartklop'-aktrise wéér swanger
In sy soeke na liefde het Rudi Delport besluit om in te skryf vir die bekende maatsoekprogram 'Boer Soek 'n Vrou' se 17de seisoen.
Delport het Maandag, 18 November, by Breakfast with Martin Bester gekuier om meer te deel oor die nuwe avontuur wat hy aanpak en sy ervaring as die tweede gay boer op die program.
Rudi het aan Martin Bester vertel dat hy in 2014 baie gesukkel het om aan te pas na hy sy plaas in Brits gekoop het.
Hy het glo baie terugslag ontvang vanaf die gemeenskap omdat hy 'n gay boer is.
Die gemeenskap het hom wel deur die jare leer ken en vandag is dit daai einste gemeenskap wat bankvas agter hom staan op sy nuwe avontuur op 'Boer Soek 'n Vrou'.
KYK: Oud-Springbok nuwe hoof van rugbyafrigting by Monnas
Rudi het besluit om aan 'Boer Soek 'n Vrou' deel te neem, aangesien hy reg is vir 'n maat waarmee hy sy lewe kan spandeer.
Die enigste ding wat nou in sy pad staan is om seker te maak dat hy genoeg briewe ontvang om die avontuur ten volle aan te pak.
As jy belangstel, of iemand ken wat moontlik sal belangstel, kan jy vir Rudi 'n brief skryf. Skryf hier in!
Inskrywings sluit 20 November.
Rudi sê hy is op soek na 'n "regte man!"
"Iemand wat ek kan vashou sonder dat hulle breuk," grap hy.
Hier is meer inligting oor Rudi:
Naam: Rudi
Ouderdom: 47
Tipe Boerdery: Wild-boerdery
Belangstellings: Natuurlewe, kunste, stap, swem, sosiaal verkeer en fynproewer.
Dorp en provinsie: Brits, Noordwes
So beskryf hy homself: Natuurmens, gedissiplineerd, dinamies, nederig, dromer, romanties.
Gee ons 'n kort opsomming van wie jy is:
Jy sal vir Rudi tussen Brits en Thabazimbi aantref. Hy erken prontuit dat hy in 2014 baie gesukkel het om aan te pas in die gemeenskap omdat hy ’n gay boer is. Tog het die gemeenskap hom deur die jare leer ken en nou voel hy baie beslis deel van die gemeenskap.
Daardie oggende se opstaan, die skuifdeur oopmaak en uitkyk oor die natuur is dinge wat vir Rudi diep gelukkig maak. Sy plaas is vir hom meer as net ’n plaas; meer as net ’n plek met diere. Vir hom gaan dit oor die bome, die geluide, die mense en alles wat dit mooi maak.
Wanneer hy van sy diere verloor, soos tydens 'n veldbrand 'n tydjie gelede, is dit vir hom asof hy ’n kind verloor. Dis dan juis met sy diere wat hy sy geheime, sy hartseer, vreugdes en blydskap deel. Dit maak die afskeid soveel swaarder.
Hy ken van seerkry, maar glo vorentoe wag daar ’n man wat vir hom liefde kan gee en ook kan ontvang. Trou en 'n gesin is iets waarna hy uitsien.
"Ek sal weet ek het liefde gevind, want dis ’n gevoel wat ek kry – van my kleintoontjie af dwarsdeur my menswees en tot in my hart na my brein toe," vertel Rudi, en hy sê hy weet daai gevoel is moontlik.
"Romanse op 'n plaas is meer as Kersliggies en sulke tipe dinge," sê Rudi.
Hy glo hy is nie ’n alleenmens nie, maar iemand wat so baie het om daardie regte mens te bied.
"My eie grappies in die aand raak nou vervelig."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Woman unknowingly puts electric kettle on stove top
This is what happens when you don't ask and just assume.
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
A potjie fail we won't easily forget
This group of friends having a cookout was left heartbroken when their f...
The Workzone with Alex Jay an hour ago