Ontmoet die tien boere van 'Boer Soek 'n Vrou' 2024
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die aftel na die sestiende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse het afgeskop met kykNET se
onthulling van 2024 se tien boere vir 'Boer Soek 'n Vrou'.

Vanjaar se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 23 en 40, en die boere verteenwoordig sewe provinsies. Daar is ook twee vroue-boere, Sanel (39) van Dwaalboom en Lulani (40) van Philippolis, onder die top-tien.
Diegene wat vir een van die top-tien boere 'n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of 'n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 30 November ingedien word.
LEES: Só werk nuwe kykNET-realiteitsreeks 'Die Brug'
Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:
- Besoek www.kyknet.tv
- Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
- Stuur 'n e-pos na [email protected]
Digitale inskrywings, wat ook deur 'n video vergesel kan word, is welkom. Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse:
- Boer soek 'n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129
- Boer soek 'n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
Marciel Hopkins gaan vir 'n vierde keer 'Boer Soek 'n Vrou' aanbied, en die reeks sal van Julie 2024 op kykNET uitgesaai word.
Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.
Onmoet die tien boere hier:
André, 31 (Vroulike pasmaat)
Vee-wild-en-pekanneutboer
Modimolle (Nylstroom), Limpopo

Daandré, 26 (Vroulike pasmaat)
Groente-boer
Brits, Noordwes

Hendri, 31 (Vroulike pasmaat)
Bees-skaap-en-olyfboer
Dewetsdorp, Vrystaat

Jacques, 26 (Vroulike pasmaat)
Skaap-en-beesboer
Venterstad, Oos-Kaap

Janco, 37 (Vroulike pasmaat)
Bees-skaap-en-wildboer
Colesberg, Noord-Kaap

JW, 23 (Vroulike pasmaat)
Appel-peer-en-skaapboer
Villiersdorp, Wes-Kaap

Lulani, 40 (Vroulike pasmaat)
Bees-en-skaapboer
Philippolis, Vrystaat

Niel, 30 (Vroulike pasmaat)
Saai-en-veeboer
Dannhauser, KwaZulu-Natal

Quintus, 38 (Vroulike pasmaat)
Vee-en-saaiboer
Winburg, Vrystaat

Sanel, 39 (Manlike pasmaat)
Boerdery: Wild & bees
Dwaalboom, Limpopo

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
KYK: Die moeilikste Afrikaanse woorde om uit te spreek
As jou moedertaal nie Afrikaans is nie, kan dit moeilik wees om seker wo...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
VIDEO: Man escapes from Jeppe Magistrates Court top floor
The incident was captured on video in Johannesburg as it took place!
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago