KYK: Paartjie kry 'Faf de Klerk' om strooijonker op troue te wees

KYK: Paartjie kry 'Faf de Klerk' om strooijonker op troue te wees

Vergeet van strooimeisies, díe paartjie het vir 'Faf de Klerk' gekry om strooijonker op hulle troue te wees.

FAF DE KLERK STROOIJONKER
TikTok/ Screenshot

Springbok Faf de Klerk is tans een van Suid-Afrika se bekendste rugbyspelers.

Met sy unieke haartsyl en knap Suid-Afrikaanse onderbroekie het De Klerk 'n simbool vir Suid-Afrikaner-trots en Suid-Afrikaanse-rugby geword.

Geen wonder dat die skrumskakel talle ondersteuners se gunsteling geword het nie.

KYK: "Hoeveel tyd is daar nog oor?" - Jan Bloukaas deel skoknuus

Een paartjie in KwaZulu-Natal is sulke groot aanhangers dat hulle vir 'Faf de Klerk' gekry het om hulle strooijonker op hulle troue te wees.

'n Video wat onlangs op TikTok gedeel is het Suid-Afrikaners laat skaterlag toe De Klerk se ewebeeld by die kansel afgestap het terwyl hy blomme gestrooi het.

Díe man, Robbie Skilton, 35, van Durban het soos Faf aangetrek en in plaas van normale strooimeisies, was die Faf-dubbelganger strooijonker by sy vriende Adrian en Demi van Doorn se troue.

In regte Faf-styl het Skilton selfs 'n skop aan die einde van die video ingewerk.

Kyk hier:

@demzidoodle13 Our flower boy was Faf 🇿🇦 #wedding #tiktoksa #southafrica #faf #weddingentrance #flowerboy #springbok #satiktok🇿🇦 @Springboks.rugby ♬ original sound - Demzidoodle

"Ons wou nie 'n stywe troue hê nie. Dis nie wie ons is nie," vertel Adrian, 36, aan Huisgenoot.

"Ons wou hê ons gaste moet pret hê en iets hê om ná die tyd oor te praat."

Volgens Huisgenoot bly die paartjie in Hillcrest en is in Junie by die Olivander Estate in Hillcrest, KwaZulu-Natal, getroud. 

WATCH: Taxi blasts Kurt Darren's 'Alleen Leen Leen' during ride

Skilton wat by die kansel afgestap het, in 'n blonde pruik en 'n stywe onderbroek, met die Suid-Afrikaanse vlag daarop, is glo die bruidegom se boesemvriend.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: TikTok/ @demzidoodle13

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories