Pastoor beweer Bernice West se 'Lyfie' is van hom gesteel
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'n Pastoor van Kaapstad het beweer dat dele van Bernice West se liedjie 'Lyfie' van hom af gesteel is.

Bernice West het Suid-Afrika en die wêreld laat gons met haar treffer 'Lyfie' en het selfs die interent oorgeneem met 'n dansie wat saam die liedjie gaan.
Die treffer het ook 'n internasionale gehore geraak toe Klein Kwagga op die liedjie gedans het.
KYK: Klein Kwagga verskyn op 'The Kelly Clarkson Show'
Na die groot suskes van die treffer beweer 'n pastoor van Kaapstad dat Bernice West dele van die liedjie by hom gesteel het.
Volgens Die Burger, het Pastoor Morgan Dennison in 'n Facebook-inskrywing beweer dat hy en nog 'n person die liedjie reeds tien jaar gelede "geskryf, opgeneem en geregistreer".

Hy beweer dat alhoewel hy nie die liedjie geskryf het nie het hy sekere dele van die tradisionele liedjie verwerk en aangepas wat West gebruik het.
Die Burger berig dat hy die plasing verwyder het.
Pastoor Morgan Dennison het wel 'n YouTube-skakel op Facebook gedeel van 'n liedjie 'Die Here Het My Mooi Gemaak!' wat reeds tien jaar terug gedeel was.
Luister hier:
Sy bewerings is wel ongegrond aangesien die treffer 'n tradisionele liedjie is wat al vir jare deur verskeie kunsternaars gesing is.
Die oorspronklikke lied is opgeneem en geregistreer onder die afdeling vir tradisionele liedjies.
West het ook nie aan 'n spesiefieke person krediet gegee nie, maar eerder "Tradisioneel" as verwysing op die lied gesit, aangesien die lied al vir jare gesing word.

Dennison het wel gesê dat hy nooit bedoel het dat hy die oorspronklike skrywer en vervaardiger is nie, maar wel erkenning vir sy aandeel in die liedjie wou hê.
KYK: Bok Herschel Jantjies spog met geboorte van eersteling
Die liedjie se oorsprong kom glo uit Namakwaland. Volgens Dennison het dit daar begin onder sendelinge wat tentkerkdienste gehou het.
Liedjieskrywer en sanger Billy Paulson sê ook Dennison kan nie eienaarskap van die liedjie 'Lyfie' neem nie.
"Tot ons nie weet wie die oorspronklike skrywer en komponis is nie, kan dit net as 'n volkslied geregistreer word," sê Paulson.
Luister hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: YouTube/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 13 hours ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 13 hours ago