Potch se bekende Bourbons sluit finaal sy deure

Potch se bekende Bourbons sluit finaal sy deure

Die einde van 'n era is op pad, aangesien die legendariese studentekuierplek, Bourbon Street, in Potchefsroom vir die laaste keer sy deure sal oop maak.

BOURBONS LOGO
Google Maps

35 jaar gelede het die bekende studentekuierplek Bourbon Street sy deure op die Bult in Potchefstroom oopgemaak.

Nou, 35 jaar later, is die einde van 'n era hier, aangesien die bekende kuierplek Saterdag 10 Augustus vir die laaste keer sy dansvloer sal open.

Die hartseer nuus is eers in Mei vanjaar aangekondig en nou het die tyd aangebreek om totsiens te sê.

LEES: High-speed train between Gauteng and Limpopo on its way

Albert Bothma, mede-eienaar van Bourbons en vele ander besighede in Potchefstroom vertel dat generasies se studente in die kuierplek gekuier het en dat vele selfs hul lewensmaat hier ontmoet het, maar dit is nou tyd vir 'n "nuwe seisoen."

"Ek is gereed vir hierdie nuwe seisoen, maar terselfdertyd voel ek ongelooflik hartseer. Die werklikheid dat hierdie oomblik nou skielik aangebreek het terwyl Bourbon Street vir 35 jaar deel van ons daaglikse bestaan was, tref my nou hard. Ons sien wel uit na die herlewing wat Fire & Fragrance, asook Unite 180, na die Bult gaan bring."

"Daar is 'n Christelike voetspoor op die Bult nodig."

DIE BULT POTCH
Google Maps

Volgens Netwerk24die evangelisasiegroep Fire & Fragrance teen 25 Julie vanjaar genoeg geld ingesamel om 'n gedeelte van die gebou waar Bourbons is te koop.

Die kerkgroep Unite 180 is reeds twee jaar lank in ’n ander deel van die gebou.

Volgens die Potchefstroom Herald, het Bothma het ook meer gedeel oor sy belsuit om Bourbons se deure toe te maak, waarvan veiligheid een van die grootste redes was.

"Ek het verskeie redes wat die verkoop van die onderste vloer aangevoer het, waarvan veiligheid seker die grootste rede is. Die Bult het geweldig onveilig geword en ek wil my nie elke aand oor die veiligheid van my klante bekommer nie. Dis nie 'n lekker gevoel om te weet jou klante is onveilig nie. Baie studente het natuurlik weens die veiligheidsprobleem hul eie wapens begin saamdra, maar dit het ook die potensiaal om katastrofiese gevolge te hê." 

KYK: Klein lyfie op pad vir Bernice West

"Ek is nie in voeling met hul musieksmaak en andere nie, en aktiwiteite wat deesdae in Bourbons plaasvind is nie wat ek aanvanklik vir die besigheid beplan het nie. Bourbons het ongelooflik uitgebrei en is deesdae baie divers, maar die veiligheid is werklik ‘n groot probleem."

"Die mense het nie geld nie, en dis te verstane. Baie besighede het reeds verkoop op die Bult, en baie ander is in die proses om te verkoop weens die veiligheidsprobleem en die sukkelende ekonomie."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

Show's Stories