Nuwe reeks oor die grootse skolerugbywedstryd ter wêreld
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die nuwe dokumentêre reeks 'Rugby of Niks' delf agter die skerms van die grootste Suid-Afrikaanse interskole ter wêreld.
Een keer per jaar in die winter kom die Paarl tot stilstand en sak duisende mense op dié mooi dorp in die Boland toe. Families en vriende word verdeel en kies kant.
Sportwedstryde oor bykans alle dissiplines word gespeel. Selfs bome in die strate word versier – blou en wit vir Boishaai en Girls’ High; maroen, groen en goud vir Gimmies.
Die interskoleweek tussen Paarl Gimnasium en Boishaai en Girls' High, oftewel Hoër Jongenskool Paarl en Hoër Meisieskool Paarl, is immers die grootste van sy soort in die wêreld.
LEES: Jan Bloukaas sterf
Maar dit is veral die kragmeting tussen die seuns van die eerste rugbyspanne wat die gemoedere koorsig hoog laat loop – ’n klimaks van jare se opofferinge en harde werk.
In 'Rugby of Niks', 'n dokumentêre reeks van agt episodes wat op 1 Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144) begin, word daar na die gees van hierdie legendariese skolerugbywedstryd gekyk; na hoe karakter gebou word; hoe persoonlike uitdagings in die oë gekyk en die hoof gebied word en lewenslesse op en van die veld geleer word.
"Hierdie reeks is meer as net 'n dokumentêr oor skolerugby – dit is 'n viering van tradisie, trots en die verrassende stories agter een van die mees ikoniese sportwedstryde ter wêreld," sê Stefan Enslin, die regisseur van die reeks.
'Rugby of Niks' bied 'n unieke blik agter die skerms – van die bouproses tot die groot dag op Faure-stadion – en onthul hoe professioneel skolerugby geword het.
Dit beklemtoon ook die ryk erfenis van spelers wat deur hierdie interskoletradisie gevorm is. Daaronder tel legendariese name soos Kobus Wiese, Balie Swart, Jean de Villiers, Marius Joubert, Schalk Burger, Handré Pollard, Corné Krige, Frans Malherbe, Mannetjies Roux en selfs die akteur Edwin van der Walt.
LEES: Suid-Afrika se eerste Afrikaanse 'Uber' is hier
Hierdie wedstryd is nie net 'n toonvenster van talent nie, maar 'n voorsmaak van die toekoms van Springbokrugby.
Benewens die spelers van die twee skoolspanne, word daar met die afrigters gepraat, asook bekendes soos Jean de Villiers, Schalk Burger, Breyton Paulse, Corné Krige en Edwin van der Walt, wat hulle herinneringe deel.
Die agt episodes verken, onder meer, wat dit verg om vir die eerste span van Gimmies of Boishaai uit te draf; wat daardie trui vir die seuns beteken en waar geloof en toewyding inpas.
Die laaste twee episodes fokus nie net op die wedstryd van 2024 nie, maar kyk ook na wat ná die kragmeting gebeur en hoe die spanne die wen of verloor hanteer.
'Rugby of Niks' begin 1 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Verskaf/ kykNET
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Die Drive se "My Vakansie" stories!
Rob Forbes en Rozanne McKenzie is terug vir die nuwe jaar en het besluit...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
VIDEO: Emotional moment as vice-chancellor caps daughter
This father-daughter duo experienced a special moment few people can claim.
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago