SA atleet met downsindroom behaal groot sukses in Turkye
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Cindy Engelbrecht van Centurion is sterk op pad na hierdie jaar se Paralimpiese Spele na sy groot sukses behaal het by die Wêreld Trisome Spele in Turkye.
Cindy Engelbrecht is in 1990 in Vanderbijlpark gebore en is tydens geboorte met downsindroom gediagnoseer.
In 2003 het Cindy en haar familie na Centurion verhuis waar sy haar skoolloopbaan voltooi het.
KYK: Brendan Peyper kies droommeisie op 'Op My Eish!'
Cindy se lewe het in 2017 drasties verander toe sy deel geword het van Club21 se sport akedemie en haar sport talent vir die eerste keer ontdek is.
Dit was die begin van groot dinge vir die atleet en sy het Suid-Afrika in 2018 by die Wêreld Trisome Spele in Madeira verteenwoordig, vanwaar sy twee silwer en een brons medalje huis toe gebring het.
Sy is in 2023 as Tshwane Sportsvrou van die jaar genomineer vir haar deelname in tafel tennis.
Sy het ook haar nasionale klere gekry vir diskus, spiesgooi, gewigstoot, 800m stap en tafeltennis en was onlangs in Turkye vir die Wêreld Trisome Spele vir mense met downsindroom.
Sy het die volgende verwerf:
Goud – 800m Mosaic Dames Stap ( Wêreld Record + Africa Rekord)
Silver – 800m Mosaic Dames Hardloop (Afrika Rekord)
Silver – Spiesgooi Mosaic Dames
Silver – Gewigstoot Mosaic Dames (Afrika Rekord)
Buiten al haar sportprestasies is Cindy ook talentvol as dit kom by die kunste.
Sy het die hoofrol in 'The Sound of Music' gespeel wat deur Club21 by die Amfiteater in Pretoria opgevoer is en het haar Barista-kursus voltooi waarvoor sy 'n sertifikaat gekry het.
Volgens haar ma, Celia Engelbrecht ken hierdie "Wonder Woman" se talente geen perke nie.
KYK: Patricia Lewis vier seun se 20ste verjaarsdag
"Sy het n hart van goud sy help ook graag met afrigting vir die kleiner kindertjies by Club 21 en is nie skaam om op die radio of by funksies te praat en werk ook by die teetuin van Club 21."
"In Cindy se woordeskat is daar nie die woorde 'ek kan nie' haar leuse is 'Ek Kan' en dan doen sy dit. Ons as gesin het al so baie by haar geleer van Christenskap en 'n omgee hart."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Supplied
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Your toddler will love this version of 'Five Little Ducks'
As the kids settle back into their school routines, some Grade R teacher...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
Pup saved after mom carries him to vet clinic
A powerful story of hope shines a light on the bond between a mother and...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago