Spelfout op nuwe SA banknote gevind?
Updated | By Etienne Bruwer
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het op 4 Mei nuwe banknote- en munte bekendgestel.

Dit wil voorkom asof daar 'n spelfout op die nuwe R100-noot gevind is.
Volgens berigte is die R100-noot, se Xitsonga vertaling van Reserwebank verkeerdelik op die noot aangebring.
KYK: Jacques Kallis deel pragtige foto’s van babadogter
Op die ou note word Reserwebank in Xitsonga, "Bangi-Nkulu" gespel, maar op die nuwe noot word dié woord egter "Bangi Kulu" gespel.
'n Verslag van die Pan Afrika-taalraad bevestig wel dat die spelling op die ou noot verkeerd is, maar sommige Xitsonga-sprekers stem nogsteeds nie saam met die nuwe spelling nie.
Here’s your answer to the explanation pic.twitter.com/lDC0BlzxqN
— Cincauri (@Amu_J) May 9, 2023
KYK: Man gebruik slinkse manier om kar te steel by Centurion-karwas
Baie mense in die Xitsonga-gemeenskap voel dat kenners van dié taal nie geraadpleeg is nie.
Hier is ‘n voorbeeld van die beweerde spelfout:

Hier is hoe dit voorheen geskryf is:

Suid-Afrikaners regoor Twitter is geskeur oor die situase alhoewel baie saamstem dat dit wel ‘n spelfout is.
"Dis Banginkulu, laat hulle daai note herroep," skryf een Twitter-gebruiker.
It’s Banginkulu, let them recall all those notes
— Nhlanhla Gezani Leonard (@BaloyiLeonard) May 9, 2023
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
You know a fish is fresh when it jumps at you
Pro tip when cooking fish – if the fish jumps off the counter, it's not ...
The Workzone with Alex Jay 1 day ago -
Visit Lago Puccini for a relaxing time with the family
The perfect spot for you and your family that promises a fun play area a...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day ago