KYK: Oud-Springbok nuwe hoof van rugbyafrigting by Monnas
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Daar is groot opgewondenheid by Hoërskool Monument in Krugersdorp nadat 'n oud-Bokspeler as die nuwe hoof van rugbyafrigting aangestel is.
Oud-Springbok Dr. Jannie du Plessis is onlangs as die nuwe hoof van afrigting by Hoërskool Monument in Krugersdorp aangewys.
Dié nuwe aanstelling het groot opgewondenheid onder leerders, personeel en die Krugersdorp-gemeenskap gekweek.
KYK: Victor Matfield se oudste dogter skitter by matriekafskeid
Voormalige professionele rugbyspeler, afrigter en oud-Monumentaar, Reinhard Gerber, is ook ingespan as Monnas se nuwe rugbyhoof.
Hoërskool Monument is een van die toprugbyskole in Suid-Afrika.
Volgens Krugersdorp News het Du Plessis sy eerste oefensessie met senior spelers op 11 November gehad.
"Die pligstate word tans met die nuutaangestelde persone bespreek en sal binnekort afgehandel word. Monnas sien uit na 'n nuwe era van kwaliteit rugby. Ons bou voort op ‘n sterk fondament en die rugbyvisiere is gereed om die kol te tref," het Belinda du Toit, Monnas-woordvoerder, opgewonde gesê.
KYK: Seun laat sosiale media gons met 'Lyfie'-danspassies
"Die Witbul-tradisies, kultuur, trots, karakter, passie en geskiedenis lê ons na aan die hart, veral vir ons twee nuwe rugbymanne. Welkom, Jannie en Reinhard, deur die Monnas-familie," het Belinda afgesluit.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Skermgreep
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
What really happens to abandoned cars at SA's airports
Cars left abandoned have become an increasing issue at airports in South...
Breakfast with Martin Bester 38 minutes ago -
Mom discovers her baby is a flirt
This baby boy smiles from ear to ear when he sees a little girl walking ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago