Suid-Afrika se eerste Afrikaanse 'Uber' is hier

Suid-Afrika se eerste Afrikaanse 'Uber' is hier

Veiligheid, gemak en betroubaarheid is wat jy kan verwag van Suid-Afrika se eerste Afrikaanse e-vervoerdiens!

WANATU_KAR
Verskaf/ WANATU

 WANATU, die eerste Afrikaanse e-vervoerdiens, bring 'n nuwe era van mobiliteit vir gesinne wat verkies om 'in hul taal te ry'. 

Met 'n onwrikbare fokus op veiligheid, gemak en betroubaarheid, het WANATU dit tot hul missie gemaak om nie net effektiewe vervoer aan die gemeenskap te bied nie, maar ook om te verseker dat elke rit – of dit 'n skoolrit of werksrit is – met totale gemoedsrus voltooi word.

WANATU_KAR_MET_KIND
Verskaf/ WANATU

Die maatskappy het amptelik sy deure op 28 Oktober 2024 geopen en het reeds meer as 10,000 geregistreerde gebruikers. Dertig Corolla Cross HEV-hibried-elektriese voertuie is aangeskaf, wat tans in Centurion en Pretoria 'n diens lewer. 

KYK: Dirk van der Westhuizen deel mooi boodskap met "klein Dirk"

Hierdie voertuie voldoen aan hoë veiligheidsstandaarde en is elkeen toegerus met 'n paniekknoppie wat direkte toegang tot 'n gewapende diens bied. 

Alle voertuie is verder toegerus met 'n tweerigting-radio-stelsel, 'n opsporingstoestel, 'n paneelbordkamera sowel as regstreekse kameras wat beide die binne- en buitekajuit monitor.

Benewens die bogenoemde, maak WANATU gebruik van ‘'n beheerkamer wat nie net ekstra ondersteuning aan kliënte bied nie, maar ook elke WANATU-rit monitor om veiligheid en diensgehalte te verseker. 

"Ouers kan met volle vertroue ritte vir hul kinders bespreek, want agter elke WANATU-rit is daar 'n toegewyde span wat dit monitor en verseker dat veiligheid nooit in die gedrang kom nie," meen Judith van der Walt, Hoof Uitvoerende Beampte van WANATU. 

Byna 35% van die ritte wat tot op hede afgelê is, is deur ouers vir hul kinders bespreek.

WANATU poog om 'n betroubare oplossing vir die vervoer van die weerbares in die samelewing te bied. 

LEES: Hierdie vier skole in die Moot laat nie selfone toe nie

Daarom laat WANATU gidshonde en terapiehonde toe, en vervoer hulle graag bejaarde persone sowel as mense met spesiale behoeftes. Alle voertuie is toegerus met ISOFIX-hegtingspunte, wat dit moontlik maak om enige karstoeltjie veilig te installeer.

WANATU het die uitdagings van werkloosheid in Suid-Afrika raakgesien, en die idee is gebore uit die droom van werkskepping deur een van die direkteure, Van Rooy van den Berg. 

"'n Waardige werk is een van die fondamente om 'n mens waardevol te laat voel. Baie mense in die Afrikaner-kultuurgemeenskap het in die afgelope jare hulle werk verloor. Daarom is dit ‘n roeping om juis waardige werksmoontlikhede te skep, meen van den Berg."

Om gemeenskapsondersteuning te versterk en die weerbares by te staan, word R2.00 van elke rit boonop aan die liefdadigheidsorganisasie Solidariteit Helpende Hand geskenk.

Elke 'drywer' (soos wat die bestuurders van die WANATU-motors bekend staan), word streng gekeur, en hul kriminele rekord word vooraf geverifieër. Hul moet die WANATU-drywer opleidingsprogram voltooi alvorens hul aangestel word. 

Hierdie program sluit opleiding in kliëntediens, ‘n defensiewe en ekonomiese bestuurkursus, konflikhantering, noodprosedures en tegnologieopleiding in.

Boonop beskik talle drywers oor tersiêre kwalifikasies en waardevolle werkservaring. 

Sommige drywers is slagoffers van afleggings of ekonomiese uitdagings, en WANATU bied vir hulle 'n nuwe kans op 'n stabiele loopbaan. 

Hierdie unieke benadering versterk nie net die dienskwaliteit nie, maar dra ook by tot die verbetering van hul lewensstandaarde asook die gemeenskap waarin hulle werk.

Volgens JP le Riche, Direkteur van WANATU, is die kwaliteit en betroubaarheid van die WANATU-drywers van kardinale belang. "Elke drywer is vriendelik, bedagsaam, en het, bo alles, respek vir ander mense. Elke kliënt word gerespekteer en so hanteer," meen Le Riche.

KYK: 'Hartklop'-aktrise wéér swanger

Talle verbruikers het hul opgewondenheid en tevredenheid oor die diens op sosiale media gedeel. Shawn Anderson, een van WANATU se tevrede kliënte, deel sy ervaring: "WANATU bied uitstekende diens met ‘n vinnige reaksie op versoeke. 

In my persoonlike opinie is veiligheid altyd die eerste prioriteit, en WANATU verseker dit. Ek sal met 'n geruste hart gereeld van WANATU gebruik maak, veral vir besigheidsvergaderings."

Margot Janse Van Rensburg, 'n ander gebruiker, sê: "Ek het my seun met hulle laat ry, en hy het net gesê hoe wonderlik die rit was. Dankie, Gerhard, dat jy my seun veilig teruggebring het. Baie dankie!"

Die maatskappy se drywers is trots om deel van WANATU te wees. Justine Eggar Olivier, een van WANATU se drywers, het op haar profiel geskryf: "EK IS WANATU... een van die geselekteerde drywers om deel van 'n maatskappy te wees wat sy kliënte altyd eerste stel. Kyk uit, Suid-Afrika. Ons gaan GROOT wees en neem jou DANSTU, KERKTU OF HUISTU met WANATU."

"Ons is trots daarop om 'n verskil te maak in ons gemeenskappe. WANATU is meer as net 'n vervoerdiens – dit is 'n deel van die gemeenskap wat werk om die wêreld veiliger en makliker te maak vir almal," sê die span agter WANATU.

WANATU_TOEP
Verskaf/ WANATU

Vir meer inligting oor WANATU, of om te registreer vir die diens, besoek gerus die webwerf by www.wanatu.co.za. Laai gerus die app af op die Google Play Store, Apple App Store of Huawei App Gallery.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: WANATU/ Verskaf

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories