FOTO'S: Swemmer Tatjana Schoenmaker is verloof!
Updated | By Etienne Bruwer
Olimpiese-swemmer Tatjana Schoenmaker is verlief en verloof!

Olimpiese-swemmer Tatjana Schoenmaker het onlangs aangekondig dat sy verloof geraak het aan Rachel Kolisi se broer, Joel Smith.
Schoenmaker het foto's op Instagram gedeel om die groot nuus te vier.
"Ek weet wat julle almal dink: 'Hoekom het hy so lank gevat?' Ons is verloof!" het Schoenmaker op haar plasing geskryf.
KYK: Thabo Bester wat in tronksel dans laat sosiale media gons
Smith het die groot vraag gevra terwyl die paartjie op 'n staproete by Eagles’' Nest Constantia in die Wes-Kaap was.
Die Olimpiese-swemmer was natuurlik in haar noppies: "Ek gaan die man van my drome trou.
"Ek is so dankbaar om die voorreg te hê om jou lief te hê, en nou, om 'n nuwe hoofstuk met jou te begin."
Die pragtige foto's op die plasing het die ongelooflike oomblik vasgevang waar die paartjie deur verskeie emosies gaan - van absolute geluk na 'n paar emosionele oomblikke.
KYK: Elon Musk se ma praat "wonderlik" Afrikaans met Rolene Strauss
Volgens Jacaranda FM, is Smith ook deel van die Kolisi-stigting.
Vroeër die jaar het die paartjie hulle verhouding op sosiale media bekend gemaak.
Op Valentynsdag, het Smith 'n pragtige foto van hom en Schoenmaker gedeel, en het op die plasing gesê: "My Valentyn."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER BY JACARANDA FM
Show's Stories
-
Zuckerberg could be saying goodbye to Instagram and WhatsApp
The biggest celebrity break-up of 2025? Mark Zuckerberg and Meta.
The Drive with Rob & Roz 32 minutes ago -
LOOK: Zoë Brown shows off beautiful twin boys
The new mom has shared more about her pregnancy journey, birth, and move...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago