Só het Demi Lee Moore en haar man ontmoet...
Updated | By Breakfast with Martin Bester
"Hy sien net die mooi in my." Die beeldskone Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie, vier 10 jaar saam as 'n paartjie…

In haar nuutste enkelsnit, 'Die Mooi in Jou', skryf Demi Lee Moore 'n "liefdesbrief" aan haar man, Barthlo Visagie.
"'Die Mooi in Jou' is op 7 Januarie vanjaar op my en my man, Barthlo, se huweliksherdenking geskryf. Ek het dit regtig uit my hart geskryf. Die son skyn altyd deur Bart se oë - hy sien tog net die mooi in my," vertel Demi Lee.
Kyk hier:
'Die Mooi in Jou' is deel van haar nuutste album, 'Klein Dingetjies,' wat agt pragtige nuwe enkelsnitte bevat.
LEES: Mej. Suid-Afrika Natasha Joubert en haar Sakkie trou
Dié album sal vanaf Vrydag, 21 Maart 2025, op alle stroomdienste beskikbaar wees.
Met die nuwe enkelsnit se titel in gedagte, het 'Breakfast with Martin Bester' met Demi en Barthlo gesels oor die mooi wat hulle in mekaar sien en meer uitgevind oor die paartjie se liefdesverhaal.
Hier is wat hulle gesê het:
Hoe het jy en Barthlo ontmoet?
"Ek en Barthlo het in 2014 ontmoet in 'n musiekwinkel waar hy gewerk het. Ek het my eerste kitaar gaan koop. Hy het aangestap gekom, en ek het eerste sy rooi All Stars gesien. Ek het toevallig my pienk All Stars aangehad, en dit was die eerste ding wat ons van mekaar opgemerk het."
Wat is Barthlo se mooiste eienskap?
"Sy mooi hart vir mense. Hy wil almal dien. Dit is so spesiaal."
Wat is Demi se mooiste eienskap?
"Haar gesindheid, haar deursettingsvermoë en omgee vir mense."
Wat is julle gunsteling-herinnering saam?
"Toe ons in Parys was en by die Versailles-kasteel gesit het teen 'n muur en net gesels het met 'n biertjie."
KYK: Gewilde SA musikant raak verloof
Wat is jou grootste wens vir Barthlo?
"Om hom te sien as 'n pa."
Wat is jou grootste wens vir Demi?
"Dat AL haar drome waar word."
Demi Lee Moore het ook haar weergawe van 'Outydse Liefde' op Friday Live opgetree:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Dad calls mom ugly and her sons come to her defence
We love how these boys stood up to their father, even though they didn't...
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
Human Rights Day special at Kidz Fun House in Edenvale
Kidz Fun House has a section for babies, toddlers, older kids, an arcade...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago