Verwelkom 'The Mommy Club: Van Die Hoostad'

Verwelkom 'The Mommy Club: Van Die Hoostad'

Ná die sukses van 'The Mommy Club' en 'The Mommy Club: Sugar & Spice,' is 'The Mommy Club: Van Die Hoofstad' daarop gemik om die Jakarandastad 'n behoorlike woema-inspuiting te gee. 

MOMMY_CLUB_VAN_DIE_HOOFSTAD
Supplied

Die derde aflewering van dié franchise bring vyf onstuitbare ma’s onder die loep soos hulle ’n balans tussen ouerskap, mag en status probeer vind – dít terwyl hulle op hul hegte gesinne steun om die volgende generasie groot te maak. 

'The Mommy Club: Van Die Hoofstad', vervaardig deur POP24, skeppers van dié franchise, stel in dié ronde 'n onverskrokke, dinamiese rolverdeling van Afrikaanse vroue – nie een bang om hul kwesbaarheid te ontbloot nie – bekend. 

Hulle is: Ansu Viljoen, Crystal Van Der Burgh, Johandri Johnson, Louise Volschenk en Tessa Tullues.

Hierdie seisoen bied 'n prima-blik op die lewens van hierdie buitengewone ma's soos hulle die kompleksiteite van kinders grootmaak, hul huwelike, en hul glansryke leefstyl moet navigeer. 

Lyk die lokprent hier:

Ontmoet die mammas:

Ansu Viljoen

ANSU THE MOMMY CLUB
Supplied

Op 30 is Ansu 'n ma van twee, getroud met Heinrich Viljoen, en met veelvuldige grade van NWU Potchefstroom en Universiteit Stellenbosch agter haar naam. 

As 'n smaakmaker en gekwalifiseerde hidrogeoloog, balanseer Ansu haar loopbaan met die chaos wat die grootmaak van twee kleuters onder die ouderdom van vier meebring.

Crystal Van Der Burgh

CRYSTAL THE MOMMY CLUB
Supplied

Crystal (29) werk saam met haar pa by hul familiebesigheid en is tans betrokke by die ontwikkeling van 'n winkelsentrum. 

Crystal is sedert Desember 2017 aan Andrew Oliver verloof. Sy het twee kinders en haar eerste kind is gebore toe sy 17 jaar oud en nog op skool was.

Johandri Johnson

JOHANDRI THE MOMMY CLUB
Supplied

Die 33-jarige Johandri het al verskeie Bikini Fitness-titels ingepalm en omhels nou die lewe as 'n voltydse ma en smaakmaker. 

Sy en haar man, Stiaan Johnson, is die ouers van 'n eenjarige.

Louise Volschenk

LOUISE THE MOMMY CLUB
Supplied

Op 38 is Louise 'n florerende entrepreneur in die skoonheidsbedryf, en balanseer 'n suksesvolle besigheid, twee kinders en huwelik van 12 jaar.

Tessa Tullues

TESSA THE MOMMY CLUB
Supplied

Die 36-jarige Tessa is 'n voormalige Mev. Suid-Afrika-finalis en entrepreneur doenig in die skoonheidsbedryf, wat die lewe as 'n enkelma van twee ná 'n voortslepende egskeiding aanpak. 

In dié nuwe hoofstuk konfronteer sy die uitdagings om haar kinders op haar eie groot te maak terwyl sy ook versterking in haar onafhanklikheid vind.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Supplied

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories