'Vetkoekpaleis'-akteur se geliefde dogtertjie sterf

'Vetkoekpaleis'-akteur se geliefde dogtertjie sterf

"Sy het geloop na God se paradys," het dié akteur se vrou op sosiale media geskryf.

Boeboe of Vetkoekpaleis joins Rian on air
YouTube

Alvin Bruinders en sy vrou, die sangeres Anrika Bruinders, het onlangs die hartseer nuus gedeel dat hulle, hulle pasgebore baba aan die dood afgestaan het.

Volgens Maroela Media, was die babadogtertjie, wie deur 'n surrogaat in die lewe gebring is, slegs agt dae oud.

KYK: Jan Bloukaas deel boodskap van hoop in emosionele video

Die glanspaartjie het die hartseer nuus op sosiale media gedeel, waar hulle ook ander bedank het vir hulle bystand tydens hierdie moelike tyd.

"Dis met groot hartseer dan ons meedeel. Alaska het vanoggend haar engel vlerkies gekry," het Anrika Sondagoggend op Instagram geskryf.

"Sy het geloop na God se paradys. Waar ons geliefdes haar ontvang. Dankie vir almal se gebede."

Die egpaar het vroeg laas week die geboorte van klein Alaska, wie Saterdag 31 Augustus gebore is, aangekondig.

Bruinders het haar babadogter se stryd op sosiale media gedeel na sy op slegs 31 weke gebore is.

Sy het as deel van haar sosiale media-inskrywings gedeel dat Alaska nie net vroeg gebore is nie, maar ook aan ander komplikasies ly.

READ: Jo Black deel meer oor Dricus du Plessis se wen-oomblik

"Sy het van geboorte af nog geen beweging gehad nie. Wat volgens Dr glad nie normaal is nie. Sy is nie onder sedasie nie. Maar is glad nie wakker nie."

"Ons wag vir toetse van Amerika af. Om beter te verstaan wat aangaan."

Huisgenoot berig, die paartjie het reeds 'n ouer seun, Avrick (7) wie ook deur 'n surrogaat gebore is.

KYK: 'Vetkoekpaleis'-akteur deel opwindende babanuus
@anrikabruinders/Instagram

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: 

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories