VIDEO: Mej. SA Melinda Bam se man spog nou met eie 'babamagie'
Updated | By Etienne Bruwer
Die voormalige Mej. Suid-Afrika het onlangs video's op sosiale media gedeel waar sy haar man, Adriaan Bergh, uitdaag om take te verrig terywl hy 'swanger' is.

Die 33-jarige aanbieder, tv-persoonlikheid en voormalige Mej. Suid-Afrika het skreeusnaakse video's op sosiale media gedeel, waar haar man, 'n voormalige Mnr. Suid-Afrika, verskeie take moet verrig terwyl 'n waatlemoen aan sy maag vasgebind is.
Bam het in die eerste video 'n waatlemoen aan haar man se maag vasgebind, om die gewig en grootte van 'n baba na te boots, sowel as twee spanspekke wat as borste dien.
KYK: '7de Laan' se gewilde 'Paula' deel pragtige troufoto
In deel een van die video reeks, 'Swanger Wees Is Mos Maklik', moet Bergh vir sy eerste takie uit die bed uit klim met die ekstra "swangerskap-gewig".
Sy tweede takie is dan om sy skoene aan te trek terwyl die waatlemoen baie duidelik in die pad is.
In deel twee van die video reeks. daag Bam ook haar man uit om onder andere by trappe af te klim en in 'n kar in te klim met die waatlemoen steeds aan hom gebind.
Die skreeusnaakse video's wys die moeite en beproewings waardeur swanger vroue daagliks gaan.
LEES: Bekende musikant Jan Bloukaas deel goeie nuus oor kankerdiagnose
Die paar het in Oktober 2022 aangekondig dat hulle ‘n baba verwag nadat hulle ongelukkig in 2021 'n miskraam gehad het.
Bam het ook onlangs foto’s gedeel van haar babatee waar hulle die nuwe familielid, Ruach, gevier het.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
LOOK: Springbok engaged to high school sweetheart!
Love is in the air for another happy couple.
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
Hoekom eet ons pannekoek as dit reën?
Daar is niks lekkerder as pannekoek op 'n reënerige dag.
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago