Wikus Botma sing Phillip Phillips se 'Gone, gone, gone' op Friday Live
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Suid-Afrikaanse sanger Wikus Botma maak sy tweede verskeining op Friday Live!

Luister na Wikus Botma se gesprek met Martin Bester:
Op Vrydag, 24 Junie het sanger Wikus Botha aangesluit vir Friday Live op Breakfast with Martin Bester.
Die Suid-Afrikaanse sanger het al vroeg sy liefde vir musiek ontdek. Botma het op vier jaar oud begin klavier speel en op agt jaar oud kitaar. Hy het ook sy eerste liedjie geskryf op 13.
Die 'Brannewynlippe' sanger het sy musiekberoep begin op 16 toe hy deelgeneem het an die bekende realiteitsprogram 'Idols'. Sedert sy begin in die musiekbedryf het Botma al op vele verhoë opgetree en selfs saam bekende sanger Kurt Darren getoer in Kanada, Holland en Nieu-Seeland.
Wikus het aan die begin van 2021 sy eertse enkelsnit 'Brannewynlippe' vrygestel. Volgens die sanger gaan hy nóg twee enkelsnitte, 'Proe Soos nog' en 'Blou' vrystel.
Na Botma se eerste Friday Live-optrede op Breakfast with Martin Bester is hy deur Sony se Select musiek geteken.
Kyk na sy optrede hieronder:
Luister na 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae 06:00 - 09:00. Stroom die program regstreeks hier of kry ons mobiele app hier.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Michael Jackson lookalike impresses on Joburg streets
Some people are wondering if the real Michael Jackson will wake up to se...
The Workzone with Alex Jay 42 minutes ago -
Dad disapproves daughter's dance moves
What started as an innocent dance session between daddy and daughter tur...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago