EKSKLUSIEF: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd deel meer oor #RHOWL
Updated | By Jean-Mari Schmidt
Die eerste Bruin Mej. Suid-Afrika, Amy Kleinhans-Curd, het onlangs haar debuut gemaak op die nuutste seisoen van die 'Real Housewives'-reeks en het met Rob Forbes en Rozanne McKenzie kom gesels oor haar ervaring op die realiteitsprogram.
Amy Kleinhans-Curd is 'n vrou wat nie wag vir dinge om te gebeur nie, sy laat hulle gebeur!
LISTEN: 'Binnelanders' actor Clint Brink opens up about being a new dad
Van die Mej. Suid-Afrika kroon vat in 1992 tot haar eie besighede begin, sy is aan die gang en laat nie op haar wag nie.
Sy is ook nou deel van die kykNET-realiteitsprogram die 'Real Housewives van die Wynlande' waar sy kykers 'n kans gee om te sien hoe haar allerdaagse lewe lyk.
LEES: 'KoppieTeeFontein' met Jak de Priester keer terug na kykNET
Alhoewel Rozanne McKenzie al die voorreg gehad het om met Amy te gesels, het ons besluit ons wil meer weet, so ons het haar genooi om by ons te kom kuier.
Luister na die volle onderhoud hier:
Hier is 'n kleinvoorsmakie van wat jy kan verwag as jy nog nie die eerste episode van die 'Real Housewives van die Wynlande' gekyk het nie:
“Die wynlande is bietjie complicated.” – Anita Lloyd
Vanaf die eerste episode wys Amy Kleinhans-Curd, Anita Lloyd, Candice Bester, Karen Schwendtke, Mariska Thorpe en Michelle van Zyl presies hoe uitdagend ’n luukse lewe in die wynlande nou eintlik is.
Kykers word met die intrapslag aan Amy Kleinhans-Curd bekendgestel, wat in 1992 die eerste vrou van kleur was om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word. Sy woon tans in ’n huurhuis omdat haar gesinshuis opknappings ondergaan. Sy is opgewonde omdat sy op die punt staan om haar te rebrand van Amy Kleinhans na Amelia – haar geboortnaam.
Kort daarna ontmoet Amy die voormalige welvaarsbestuurder en fiksheidsmodel Mariska Thorpe vir middagete in Franschhoek.
En so begin dit...
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
SA woman shares story of singing with Green Day
On Sunday the 19th of January, Green Day performed at Soccer City to tho...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Why 2025 has fewer public holidays than 2024
Have you locked in your leave days for the year yet?
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago