Brendan Peyper maak oop ná gerugte oor getroude vroue
Updated | By The Drive with Rob & Roz
Die Suid-Afrikaanse sanger Brendan Peyper het Vrydag 'n amptelike persverklaring op sy sosiale media gedeel.
Die 29-jarige Brendan Peyper het op Vrydag, 22 November, 'n amptelike persverklaring gedeel nádat hy homself in die middel van groot kontroversie bevind het.
Volgens aanlynberigte het Peyper na bewering verhoudings met getroude vroue aangeknoop – insluitend fisiese verhoudings en geselsies op sosiale media. Nou het Peyper sy kant van die saak gedeel.
Hy het vroeër in November aan Netwerk24 gesê: "Ek is in 'n bedryf waar ek baie aanhangers het wat na my toe kom, insluitend 'n klomp vroue, getroud en ongetroud."
LEES: Karlien sê sy is 'opreg lief' vir eksman Derick Hougaard
"Daar is niks anders wat ek kan doen as om vriendelik te wees met die mense wat na my toe kom of my message nie."
Peyper maak dit duidelik dat hy nie verantwoordelik is vir ander mense se besluite nie.
"As sy getroud is, is dit haar saak. As sy in 'n verhouding is, is dit haar saak. Ek is 'n single man, en ek voel as jy 'n commitment gemaak het en jy’s getroud, moet jy jouself beheer."
In sy amptelike verklaring wat hy Vrydag gedeel het, het die 'Toer Om Die Vloer'-sanger meer gedeel oor die impak wat die gerugte op hom gehad het en ook sy kant van die storie gedeel.
"Ek weet die bewerings in die media die laaste paar weke het ’n klomp van julle onstel en teleurgestel, maar hoe mens vorentoe beweeg is wat saak maak," het hy begin.
Peyper het dit duidelik gemaak dat die artikels oor hom nie heeltemal feitlik is nie. Volgens hom is slegs sowat 20% van wat geskryf is waar, en die res is glo "sensasie en leuens".
"Ek kan ook bevestig dat daar ten minste 80% geskryf is deur Rapport se joernalis wat blote leuens, sensasie, hoor-sê en opgemaakte stories is."
"Rapport het my nog nooit met respek of goeie gees benader nie. Hulle tree altyd aanvallend teenoor my op en dreig my oor die foon vir inligting."
Brendan het ander media-instellings wat, volgens hom, met meer integriteit opgetree het, bedank.
KYK: 'Hartklop'-aktrise wéér swanger
"Aan die res van die media, Huisgenoot, Netwerk24, Elri Boucher en Mia Spies, dankie vir julle respek en goeie etiket. Ek sal enige tyd met julle kan gesels."
Brendan het wel erken ook dat hy, soos enige ander mens, nie foutloos is nie.
"Ek is 'n mens, nes julle, met baie foute, en ek sal my nooit probeer veronskuldig nie."
Hy het bygevoeg by dat hy aanvaar het dat daar altyd mense sal wees wat hom wil afkraak, maar hy het besluit om "die ander wang te draai".
"Ek besef hierdie situasie het gebeur vir 'n goeie rede, sodat ek kan leer en groei as mens. Daarom is dit my begeerte om te bly in die hande van my Pottebakker, sodat Hy my kan vorm volgens Sy wil en nie myne nie."
"Aan al my getroue ondersteuners, ek sal nie stil raak nie. Dankie vir julle onvoorwaardelike ondersteuning en liefde."
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Instagram/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
VIDEO: Kolisi, Etzebeth and Du Plessis star in new ad
The sportsmen are not just great on the field or in the octogon.
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
ICYMI: Chef shares five things he to never eat at restaurant
If you find yourself looking at these items on the menu, you might want ...
The Drive with Rob & Roz an hour ago