Die legendariese 'My f*k, Marelize!' kry haar eie film!

Die legendariese 'My f*k, Marelize!' kry haar eie film!

Die rolprent speel in Windhoek af en is geïnspireer deur die ware gebeure wat tot die ikoniese rugbypaal-voorval gelei het. 

Die legendariese 'My f*k, Marelize!' kry haar eie film!
Facebook/Screenshot

Kan jy vir "My f*k, Marelize" onthou? 

In die video, is Marelize besig om rustig haar fiets te trap voordat sy perongeluk kontak maak met 'n rugbypaal.

Die res, is geskiedenis...

LEES: Lourensa Eckard gesels oor nuwe kortfilm waarin Rozanne McKenzie te sien is

Die video het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. 

Die virale video met 'n sêding wat die hart van die nasie verower het, gaan nou die grootdoek tref. MultiChoice het die vervaardiging van die speelfilm getiteld 'My F*k, Marelize' by vanjaar se Silwerskermfees aangekondig. 

Die rolprent speel in Windhoek af en is geïnspireer deur die ware gebeure wat tot die ikoniese rugbypaal-voorval gelei het. 

Dit volg die ongeluksvoël Marelize Horn terwyl sy voorberei om 'n au pair in Nederland te word, en haar ma, Heidi Horn, wat met 'n kankerdiagnose moet omgaan. Dit alles vind plaas teen die agtergrond van WIKA, die jaarlikse Windhoekse Karnaval. 

WATCH: Kids try Fireball candy for the first time!

Die draaiboek is deur die SAFTA-bekroonde Brett Michael Innes ('Sink', 'Fiela se kind') geskryf. Zandré Coetzer – een van die televisieregisseurs van 'Dinge van ’n kind' en ook een van die vervaardigers van die reeks Donkerbos, wat twee Safta-toekennings ingepalm het en internasionaal verkoop is – maak met dié fliek haar debuut as speelfilmregisseur.

Die Horn-familie – Marelize, Heidi, Tiaan en Wilmari – was sedert die begin van die ontwikkeling betrokke. Hulle het hul huise en lewens vir die produksiespan oopgemaak, en die verfilming sal in September begin.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Facebook

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories