Digter Antjie Krog "oortuig daarvan" dat sy klaar is met skryf

Digter Antjie Krog "oortuig daarvan" dat sy klaar is met skryf

Die ikoniese digter word erken as een van Suid-Afrika se beste skrywers en mees bekende Afrikaanse digters.

Digter Antjie Krog "oortuig daarvan" dat sy klaar is met skryf
Universiteit van Pretoria/Facebook

Antjie Krog is 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika en is internasionaal beroemd vir haar ongelooflike skryfwerk.

Jy het dalk van haar werk teëgekom op skool, in jou ouerhuis of vir jouself aangeskaf.

READ: A "little health hiccup": Queen's Sir Brian May shares news of stroke

Daar is geen twyfel oor die invloed en impak wat sy op Afrikaanse-kultuur en -taal gehad het, en steeds het nie.

Die Universiteit van Pretoria het dit beklemtoon op die 4de September 2024, toe hulle aan Krog 'n eredoktorsgraad oorhandig het vir haar bydrae tot literatuur, taal en sosiale geregtigheid.

VIDEO: Adele announces she is taking a break in emotional goodbye

Volgens Netwerk24, het Krog gedeel dat dit die oomblik vir haar 'n groot eer was:

In haar toespraak het sy ook 'n betenisvolle boodskap aan die studente gedeel.

LISTEN: This song will instantly remove any tune stuck in your head

Sy wou graag die studente wat gradeer ook vereer en het twee gedigte voorgelees.

Aktrise Barileng Malebye en Krog het die twee gedigte, geskryf deur Botswana-dramaturg en digter Leetile Disang Raditladi, in verskillende tale voorgelees.

Ongelukkig vir Krog se aanhangers het sy genoem dat daar 'n moontlikheid is dat sy klaar is met gedigte skryf.

Sy het die volgende aan Netwerk24 gesê:

Daar is darm meer as genoeg Antjie Krog-digbundels, vertalings en vele meer beskikbaar.

Haar mees onlangse digbundel, 'Plunder', is in 2022 vrygestel.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Universiteit van Pretoria/Facebook

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories